Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Virus slaan kishou teen tennis-sterre

’n Raaiselagtige virus het ’n derde speler in die prestigeryke Paribas Ope in Indian Wells, Kalifornië, platgetrek.

Serena Williams word deur mediese personeel ondersoek voordat sy besluit het om die handdoek in te gooi in haar wedstryd teen Garbine Muguruza in die Paribas Ope in Indian Wells, Kalifornië. Foto: Getty Images

Die jongste slagoffer, Anastasija Sevastova (11de gekeurde vrou van Letland), het Maandagaand die handdoek ingegooi in haar derderonde-kragmeting met Anett Kontaveit van Estland. Sy was 0-5 agter toe sy te siek gevoel het om voort te gaan met die wedstryd.

Haar onttrekking het minder as 24 uur gekom nadat een van die toernooi se grootste trekpleisters, die Amerikaner Serena Williams, om dieselfde rede nie haar wedstryd kon voltooi nie.

Garbine Muguruza was met 6-3, 1-0 voor toe Williams die baan op mediese advies verlaat het.

Williams het agterna gesê dat sy voor die wedstryd al olik gevoel het en dat sy daartydens toenemend duiselig en tam gevoel het.

Die derde gekeurde in die mans se afdeling, die Duitser Alexander Zverev, het ná sy nederlaag teen sy landgenoot Jan-Lennard Struff onthul dat hy ook las het van ’n virus. Struff het Zverev maklik met 6-3, 6-1 geklop. 

– Reuters

Meer oor:  Indian Wells  |  Tennis  |  Wta  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.