Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Vol stadion vir Wimbledon-eindstryde

Die All England Club het bevestig sy hoofbaan sal volgepak wees wanneer vanjaar se mans- en vroue-enkelspeleindstryde by Wimbledon beslis word.

As alles volgens plan verloop, sal vanjaar se Wimbledon-eindstryde in ’n volgepakte stadion beslis word. Foto: Getty Images

Die kragmetings sal Brittanje se eerste buitelug-sportbyeenkomste met vol paviljoene wees sedert die begin van die koronavirus-pandemie verlede jaar.

Dié besluit is geneem, al het die Britse eerste minister, Boris Johnson, Maandag aangekondig die laaste fase van die opheffing van inperkingsmaatreëls word uitgestel tot 19 Julie.

“Ons was in noue samewerking met die regering, gesondheidsowerhede en ons plaaslike raad in Merton,” sê die organiseerders in ’n verklaring.

“Dit is ’n plesier om te bevestig vanjaar se toernooi begin op Maandag 28 Junie met 50% kapasiteit van toeskouers op al ons bane.

“Ons sal vir die laaste naweek 100% van die hoofbaan se kapasiteit kan vul, wat beteken 15 000 toeskouers sal onderskeidelik Saterdag en Sondag se enkelspel-eindstryde mag bywoon.”

Wimbledon is verlede jaar vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog afgelas weens die Covid-19-pandemie. – Reuters

Meer oor:  Wimbledon  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.