Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Oud-kampioen onttrek aan VSA-ope

Die lys spelers wat hulle aan vanjaar se Amerikaanse Ope onttrek het, raak ál langer en Svetlana Kuznetsova, ’n voormalige kampioen in New York, het haar nou ook by hierdie groep aangesluit.

Svetlana Kuznetsova het die Amerikaanse Ope-titel in 2004 verower. Foto: Getty Images

Vrese rondom die Covid-19-pandemie blyk die grootste rede te wees vir Kuznetsova-hulle se onwilligheid om na Amerika te reis.

Die Rus, 32ste op die wêreldranglys, het haar besluit op Instagram bevestig. Sy sal ook nie aan die Western & Southern-ope deelneem nie, wat vanjaar van Cincinnati na New York geskuif is in die aanloop tot die Grand Slam wat van 31 Augustus tot 13 September beslis word.

“Die koronavirus het ’n ongewenste situasie veroorsaak en verhoed my tans om my hele span te betrek. Ek het dus die moeilike besluit geneem om nie in Cincinnati aan die Amerikaanse Ope deel te neem nie,” sê Kuznetsova.

“Ek is baie hartseer, want ek het werklik na hierdie toernooie uitgesien, maar die pandemie het al my planne verander.

“Ek hoop die situasie sal meer positief wees voor die begin van die ander toernooie.”

Die 35-jarige Kuznetsova het haar landgenoot Elena Dementieva in die eindstryd van die Amerikaanse Ope in 2004 geklop om die eerste van haar twee Grand Slam-titels te wen.

Sy het in haar mees onlangse verskyning in New York in 2019 ’n skoknederlaag in die eerste ronde teen die tiener-kwalifiseerder Kristie Ahn gely, maar het ter versagting verlede jaar deurlopend met ’n polsgewrig-besering gesukkel.

Ash Barty, die wêreld se voorste speler, Elina Svitolina en Kiki Bertens tel onder die ander voorste spelers wat ook besluit het om vanjaar se Amerikaanse Ope weens Covid-19 mis te loop.

– Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Svetlana Kuznetsova  |  Wta  |  Atp  |  Covid-19  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.