Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Vroue in kwarantyn kry ekstra slypkans

Daar is tans nege aktiewe Covid-19-gevalle onder die groep tennisspelers en ondersteuningspersoneel wat in hotelle in Melbourne in isolasie is met die oog op die Australiese Ope.

Die Serwiër Novak Djokovic toe hy die Australiese Ope in 2020 gewen het. Foto: Getty Images

Die meeste van die 970 mense wat in kwarantynhotelle is, is tans in die tweede week van die verpligte 14 dae wat hulle sedert hul aankoms in Australië in afsondering moet wees. Die Australiese Ope begin op 8 Februarie.

Hoewel die meeste toegelaat is om daagliks vyf uur lank buite te oefen, is daar 72 wat nie hul hotelkamers mag verlaat nie. Dit is omdat daar positiewe gevalle onder die passasiers gevind is op die huurvlugte wat hulle die land binnegebring het.

Vier spelers was onder die positiewe gevalle wat aangemeld is, maar slegs die Spanjaard Paula Badosa het bevestig dat sy die Covid-19 onder lede het.

Intussen het die organiseerders Sondag aangekondig dat ’n bykomende WTA 500-toernooi (daar sal dus drie pleks van twee wees) in die aanloop tot die Australiese Ope beslis sal word. Dié sal van 3 tot 7 Februarie plaasvind en vir spelers wees wat nie kon oefen gedurende hul kwarantyntydperk nie.

“Die toernooi gaan aangebied word om die 72 spelers ’n bietjie ekstra tyd te gee om voor te berei,” sê Craig Tiley, die Australiese Ope se toernooidirekteur.

“Ons sal hulle ook prioritiseer vir dinge soos oefensessies, gimnasiums en ysbaddens.”

Steve Simon, ringkop van die WTA (die beheerliggaam van die vroue se beroepsreeks), verwelkom die jongste verwikkelinge.

“Die nuwe skedule wat uit drie WTA-toernooie bestaan, sal aan die spelers wat uit kwarantyn kom die geleentheid gee om behoorlik te fokus vir hul terugkeer tot kompetisie.”

Daar is Saterdag onthul dat drie van die nege gevalle van Covid-19 wat met die Australiese Ope verbind word, die meer aansteeklike variant van die virus is, wat die eerste keer in Brittanje bespeur is.

Die staat Victoria, waarbinne Melbourne val, het verlede jaar een van die strengste inperkings wêreldwyd gehad. Sondag was die 18 agtereenvolgende dag dat daar geen plaaslike gevalle van oordrag van Covid-19 was nie. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Craig Tiley  |  Covid-19  |  Melbourne
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.