Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Vroue moet ook 5 stelle speel – Pat Cash
Pat Cash (regs) rig die Amerikaner CoCo Vandeweghe af. Foto: Getty Images

Die voormalige Wimbledon-kampioen Pat Cash is ten gunste daarvan dat vrouetennisspelers Grand Slam-eindstryde van vyf stelle beslis.

Die Aussie is die afrigter van die Amerikaner CoCo Vandeweghe, negende op die wêreldranglys.

Stuff.co.nz berig Cash bevraagteken waarom die beste vrouespelers nie ten minste die eindstryde van die Australiese Ope, Franse Ope, Wimbledon en die Amerikaanse Ope in die beste van vyf stelle uitspook nie.

“Volgens tradisie speel hulle drie stelle, ek is nie seker hoekom dit nog nie verander het nie,” sê Cash.

“Ek is definitief ten gunste van vyf stelle, veral in eindstryde. Dit is waar die verandering moet begin en ek dink vroue sal gelukkig wees daarmee.”

Die voormalige Australiese tennisster Jelena Dokic is nie so seker nie.

Jelena Dokic dink nie vroue moet tenniswedstryde oor vyf stelle beslis nie. Foto: Getty Images

“Hierdie debat word al jare lank gevoer,” sê sy.

“Dit sal baie taai wees om net in eindstryde vyf stelle te speel, want hulle sal nie daaraan gewoond wees nie en jy sal beserings sien en vroue wat nie in staat is om in vier of vyf stelle mee te ding nie.

“Baie van die vroue sal nooit eens ’n eindstryd haal nie en die geleentheid hê om daarvoor te voor te berei nie.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Coco Vandeweghe  |  Australiese Ope  |  Wimbledon  |  Wta  |  Franse Ope  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.