Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Federer se sakebesluite bestudeer

Die tweemalige Grand Slam-kampioen Garbine Muguruza bestudeer die sakebesluite van die Switserse tennislegende Roger Federer as deel van haar kursus by die Harvard-universiteit.

Roger Federer en Garbine Muguruza, die Wimbledon-kampioene in 2017. Foto: Getty Images

Muguruza en haar WTA-medespeler Johanna Konta, asook die voormalige Deense ster Caroline Wozniacki, is almal huidige of onlangse studente van ’n kursus van drie maande by Harvard wat sportlui help om hul sakevaardighede te slyp.

Victoria Azarenka, wenner van die Australiese Ope in 2012 en 2013, het ook voorheen die kursus voltooi waar sportlui saam met Harvard MBA-studente klasloop.

Muguruza, 13de op die wêreldranglys, se studie fokus op Federer en die Argentynse sokkerklub Boca Juniors.

“Hy (Federer) is ’n baie ambisieuse persoon. Ek dink hy is super gefokus op wat volgende op hom wag, sy nalatenskap,” sê die Spanjaard.

“Dit is duidelik hy wil baie betrokke wees in alles wat hy aanpak. Alles wat hy aanraak... hy wil dit met sukses en op ’n gesofistikeerde wyse afhandel.”

Muguruza sê sy gaan voluit vir haar doelwitte sodra sy haar visier op iets gerig het.

“Ek hou van swot en eksamens aflê. Dit is opwindend, die adrenalien – ek was nog altyd mal oor skoolgaan.

“Ek beskou myself as ’n skaflike student, ek maak goeie notas. Geskiedenis was destyds my beste vak, ek was mal daaroor.

“Die oorloë... ek was baie goed om datums te leer, wat in die verskillende lande geskied het, hoekom hulle oorlog gemaak het.

“Ek was altyd baie nuuskierig oor wat gebeur het voordat ek gebore was.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Garbine Muguruza  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.