Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Anisimova: Vrouetennis het nuwe jong ster

Tennisondersteuners het Donderdag ’n blik op die toekoms van vrouetennis gekry.

Die 17-jarige Amerikaner Amanda Anisimova het met vreeslose tennis haar plek oopgestamp in die halfeindronde van die Franse Ope in Parys.

Amanda Anisimova het Donderdag die tenniskollig op haar laat skyn met ’n skokoorwinning in skoon stelle oor Simona Halep. Dié Amerikaanse tiener bevind haar nou in die halfeindronde van die Franse Ope. Foto: AP

Haar teenstander in die kwarteindronde was geen hierjy nie. Dit was Simona Halep, die verdedigende kampioen en die derde gekeurde.

Dié Roemeen kon net ses potte bymekaar skraap en die jong Amerikaner met het 6-2, 6-4 gewen.

Anisimova is die eerste speler – man of vrou – wat in die 2000’s gebore is om die halfeindronde van ’n Grand Slam-toernooi te haal. Sy kan die eerste tiener word om die Franse Ope-trofee te lig sedert die Kroaat Iva Majoli dit in 1997 vermag het.

Sy sal op 31 Augustus haar 18de verjaardag vier.

Anisimova is super-slim op die baan, met ’n vinnige brein wat net so vlymskerp is soos haar gewigtige rughandhou.

Sy is 51ste op die wêreldranglys, maar dit het haar net 69 minute geneem om ’n kampioen af te takel.

Daar word reeds groot dinge vir haar voorspel, maar vir nou wil Anisimova net gou weer na die baan terugkeer.

Omdat Woensdag se spel uitgereën het, was daar geen rusdag nie, met die halfeindronde wat Vrydag beslis word en die eindstryd Saterdag.

Die tiener gee egter nie om nie.

“Ek is gretig om te speel. Ek is tevrede om môre te speel,” sê sy.

Die vroue se halfeindstryde sal Vrydag terselfdertyd op die Suzanne Lenglen- en die Simonne-Mathieu-bane beslis word.

Anisimova se teenstander is die Australiër Ashleigh Barty, die agtste gekeurde, wat Madison Keys van Amerika Donderdag met 6-3, 7-5 geklop het.

Die ander halfeindstryd is tussen Johanna Konta van Brittanje en die 19-jarige Tsjeg Marketa Vondrousova.

“Maak nie saak waar ek speel nie. Dit is almal mooi bane. Ek is tevrede op enige baan,” sê Anisimova. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Amanda Anisimova  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.