Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
VSA Ope sal nie virus vryspring, glo Thiem

Dominic Thiem sê hy sal verbaas wees as die Amerikaanse Ope die koronavirus vryspring.

Dominic Thiem mag weer op ’n tennisbaan oefen. Foto: Getty Images

“Dit is onrealisties om te dink dié Grand Slam sal ’n uitstel vryspring,” sê die Oostenrykse tennisspeler.

Dié Grand Slam in New York is veronderstel om op 24 Augustus te begin.

Thiem glo nie die seisoen sal sommer gou weer begin nie.

“Ek sal gelukkig wees as die reeks hoegenaamd hervat word. Dit maak nie saak op watter oppervlak nie.

“Ek mis tennis. Ek is gelukkig dat ek weer kan begin oefen, maar ek sal nie met ’n behoorlike oefenprogram begin voordat daar ’n realistiese toernooiprogram is nie,” sê Thiem.

Werner Kogler, die Oostenrykse minister van sport, het Thiem toestemming gegee om na die oefenbaan terug te keer.

“Dit is wonderlike nuus. Ek kan nie wag om weer op die baan te kom nie,” het Thiem aan Sky Sports in Oostenryk gesê.

Kom ons sê dit neem nog drie of vier maande – niemand kan so lank nét oefen nie.
Dominic Thiem

“Dit sal egter nog lank wees voordat die seisoen hervat word.

“Kom ons sê dit neem nog drie of vier maande – niemand kan so lank nét oefen nie.

“Ons het almal al so baie tennis in ons loopbane gespeel dat net een maand se voorbereiding nodig sal wees om ons spelpeil te herwin.” – TeamTalk

Meer oor:  Tennis  |  Dominic Thiem  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.