Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
VSA Ope se prysgeld groei woes
Naomi Osaka en Novak Djokovic, die verdedigende Amerikaanse Ope-kampioene. Foto: Getty Images

Die meeste prysgeld in die geskiedenis van Grand Slam-tennis is vanjaar by die Amerikaanse Ope op die spel, met die organiseerders wat die pot tot $57 miljoen (R790 miljoen) verhoog het.

Die Amerikaanse Tennisvereniging (USTA) sê die wenners van die mans- en vroue-enkelspeltitels ontvang ’n rekord $3,85 miljoen, terwyl die kampioene in die dubbelspel elk met $740 000 beloon sal word.

SuperSport berig die pot is ’n verhoging van 8% teenoor 2018 en beteken die VSA Ope bied die meeste prysgeld vir elke ronde van enige van die vier major-toernooie.

Die uitbetalings vir die verloorders in die eerste ronde het die afgelope vier jaar met 47% toegeneem, terwyl spelers wat in die tweede ronde van die toernooi uitgeskakel word, $100 000 vir hul moeite ontvang.

Die toernooi maak boonop ’n bydrae van $1 miljoen, gelyk verdeel tussen die ATP- en WTA-reeks, om oorgangsprogramme te befonds vir spelers wat die sport verlaat.

“Ons streef daarna om innoverend te wees en voel ons nuwe bydrae van $500 000 aan die ATP se pensioenplan en die WTA se oorgangsprogram sal help met die finansiële welstand oor lang termyn van ons sportlui,” sê Patrick Galbraith, voorsitter van die USTA.

Vanjaar se Amerikaanse Ope word vanaf 23 Augustus by Flushing Meadows in New York beslis.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Prysgeld  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.