Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Williams, Ramos se paaie kruis nie
Serena Williams het Carlos Ramos in verlede jaar se eindstryd onder meer as ’n “leuenaar” en ’n “dief” uitgekryt. Foto: Getty Images

Carlos Ramos sal nie as skeidsregter optree vir enige van Serena Williams of haar suster, Venus, se wedstryde by vanjaar se Amerikaanse Ope nie.

Ramos was in 2018 in beheer van ’n chaotiese vroue-eindstryd toe die Japanner Naomi Osaka, toe 20 jaar oud, haar held Serena in New York geklop het om haar eerste Grand Slam-titel te wen, maar die kragmeting is deur omstredenheid oorskadu.

Serena het in ’n hewige rusie met Ramos betrokke geraak toe hy haar waarsku vir ’n afrigtingsoortreding en met ’n punt straf nadat sy haar raket stukkend geslaan het.

Die Amerikaner het daarna heftig teenoor Ramos uitgevaar en hom onder meer as ’n “leuenaar” en ’n “dief” uitgekryt.

Aanhangers van Serena tussen die toeskouers het deurlopend geboe en Osaka was in trane toe sy haar trofee ontvang.

Osaka sê Serena het haar getroos terwyl toeskouers die skeidsregter uitgejou het. Foto: Getty Images

NYTimes.com berig die Amerikaanse Tennisvereniging (USTA) het Donderdag bevestig Ramos sal nie betrokke wees by enige van die agste gekeurde Serena en ongekeurde Venus se kragmetings by Flushing Meadows nie.

“Ons het besluit daar is meer as 900 ander wedstryde by die toernooi en Carlos, vir 2019, sal nie as skeidsregter optree vir die Williams-susters nie,” sê die USTA-beampte Stacey Allaster.

“Ons wil hê die fokus en die aandag van die toernooi moet op die tennisspelers wees.”

Serena, wat in September haar 38ste verjaarsdag vier, is steeds op soek na haar 24ste major-titel om die legendariese Margaret Court se rekord te ewenaar.

Osaka, eerste op die wêreldranglys, is ook eerste gekeur vir die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar.

Die Serwiër Novak Djokovic is die eerste gekeurde manspeler in New York.

– Sportredaksie

Meer oor:  Carlos Ramos  |  Flushing Meadows  |  Tennis  |  Serena Wil­Liams  |  Wta  |  Atp  |  Naomi Osaka  |  Venus Williams  |  New York  |  Amerikaanse Ope  |  Usta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.