Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
VSA Ope: Wie gaan Novak se segetog stuit?
Novak Djokovic
Wie gaan my stuit? Novak Djokovic onderweg na sy oorwinning oor Jan-Lennard Struff. Foto: AP

Die gewese Amerikaanse tennisspeler Andy Roddick het teruggekap na Franse spelers wat gekla het oor die streng kwarantynprotokolle by vanjaar se Amerikaanse Ope.

Sewe spelers moes vandeesweek aan bykomende maatreëls voldoen nadat hulle in kontak was met die Fransman Benoit Paire, wat net voor die toernooi positief getoets is vir die virus.

Een van hulle, die vrouespeler Kristina Mladenovic, het erg hieroor mond uitgespoel nadat sy in die tweede ronde deur Varvara Gracheva uitgeskakel is. Sy moet desondanks tot 12 September by Flushing Meadows bly.

“Dis asof ons gevangenes is, of misdadigers. Selfs vir die kleinste beweging moet ons toestemming vra, selfs al word ons elke dag getoets en al het ons reeds 37 negatiewe toetse gehad. Dis verfoeilik. Die toestande is afskuwelik,” het Mladenovic volgens tennis.com gesê.

Roddick het hom tot Twitter gewend om sy misnoeë met dié stelling te kenne te gee.

“Gevangenes of misdadigers kry nie die kans om sport te speel vir sessyfer-prysgeld nie. Veiligheidsprotokolle is die enigste rede waarom spelers en toeskouers die Ope kan geniet. Ongelukkig is daar ’n gebrek aan perspektief in hierdie siening,” het Roddick getwiet. Intussen het Novak Djokovic, wat ook ontevrede is met die kwarantynregulasies by die Ope, sy segetog vanjaar Vrydagaand tot 26 agtereenvolgende wedstryde verleng. Die eerste gekeurde Serwiër het met ’n sege van 6-3, 6-3, 6-1 oor die Duitser Jan-Lennard Struff die 13de agtereenvolgende keer die vierde ronde van dié toernooi gehaal.

“Ek speel goed die laaste paar weke en het ook goed geoefen. Ek voel baie goed,” sê Djokovic.

Die derde gekeurde Daniil Medvedev van Rusland het gisteraand ook tot die vierde ronde gevorder met sy sege van 6-3, 6-3, 6-2 oor die Amerikaner Jeffrey John Wolf.

In die vroue-enkelspel het die sesde gekeurde Tsjeg, Petra Kvitová, tot die vierde ronde gevorder met ’n oorwinning van 6-4, 6-3 oor die Yank Jessica Pegula.

Uitslae:

Mansenkelspel: TWEEDE RONDE: Borna Coric (Kro) k Stefanos Tsitsipas (Griek) 6-7(2/7) 6-4 4-6 7-5 7-6(7/4); Novak Djokovic (Ser) k Jan-Lennard Struff (Duits) 6-3 6-3 6-1; Alexander Zverev (Duits) k Adrian Mannarino (Fr) 6-7(4/7) 6-4 6-2 6-2; Denis Shapovalov (Kan) k Taylor Fritz (VSA) 3-6 6-3 4-6 7-6(7/5) 6-2; Pablo Carreno Busta (Sp) k Ricardas Berankis (Lit) 6-4 6-3 6-2; Jordan Thompson (Aus) k Mikhail Kukushkin (Kaz) 7-5 6-4 6-1; Corentin Moutet (Fr) k Daniel Evans (Brit) 4-6 6-3 7-6(7/5) 7-6(7/1); David Goffin (Bel) k Filip Krajinovic (Ser) 6-1 7-6(7/5) 6-4; Alejandro Davidovich Fokina (Sp) k Cameron Norrie (Brit) 7-6(7/2) 4-6 6-2 6-1; Andrey Rublev (Rus) k Salvatore Caruso (It) 6-0 6-4. Mansdubbelspel: TWEEDE RONDE: Rohan Bopanna (Ind)/Denis Shapovalov (Kan) k Ernesto Escobedo (VSA)/Noah Rubin (VSA) 6-2 6-4.

Vroue-enkelspel: TWEEDE RONDE: Petra Kvitova (Tsjeg) k Jessica Pegula (VSA) 6-4 6-3; Shelby Ro­gers (VSA) k Madison Brengle (VSA) 6-2 6-4; Anett Kontaveit (Est) k Magda Linette (Pole) 6-3 6-2; Jennifer Brady (VSA) k Caroline Garcia (Fr) 6-3 6-3; Elise Mertens (Bel) k Sara Sorribes Tormo (Sp) 6-3 7-5; Angelique Kerber (Duits) k Ann Li (VSA) 6-3 6-4; Caty McNally (VSA) k Ekaterina Alexandrova (Rus) 4-6 6-3 7-6(7/2); Naomi Osaka (Jap) k Marta Kostyuk (Oekr) 6-3 6-7(4/7) 6-2; Iga Swiatek (Pole) k Sachia Vickery (VSA) 6-7(5/7) 6-3 6-4; Petra Martic (Kro) k Varvara Gracheva (Rus) 6-3 6-3; Yulia Putintseva (Kaz) k Aliaksandra Sasnovich (Bel) 3-6 6-2 6-1; Victoria Azarenka (Bel) k Aryna Sebubl 6-3; Serena Williams (VSA) k Margarita Gasparyan (Rus) 6-4 6-2; Maria Sakkari (Griek) k Amanda Anisimova (VSA) 6-3 6-1.

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.