Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Wilander frons oor Murray se motiewe

Andy Murray moet daaraan dink of hy die reg het om as promotorskeuse in van die groot toernooie toegelaat te word ten koste van opkomende jong spelers, sê die sewemalige Grand Slam-kampioen Mats Wilander.

Andy Murray gee toe hy sal diep gaan moet dink oor sy spel. Foto: Reuters

Dié Sweed het gepraat nadat Murray in die eerste ronde van die Franse Ope uitgeskakel is.

Murray, ’n voormalige nommereen-speler ter wêreld, is as promotorskeuse toegelaat in die Franse Ope, maar is in Sondag se eerste ronde deur Stan Wawrinka met 6-1, 6-3, 6-2 slae gegee. Dit was op een na sy slegste nederlaag in ’n Grand Slam-toernooi.

“Dit is vir my teleurstellend. Is dit sy reg om dit te kan doen? Ek het dit ook al gedoen en dit was die grootste fout van my loopbaan,” het Wilander aan Eurosport gesê.

“Ek dink Murray moet ophou om aan homself te dink en te dink wie hy was. Het hy werklik die reg om hierdie uitnodigings as promotorskeuse te aanvaar en jonger spelers daardeur van speelkans te ontneem?”

Murray, wat verlede jaar weer in die enkelspel begin speel het ná verskeie heupoperasies, het die titel in Antwerpen in Oktober verower. Dit was ’n toernooisege wat sy hoop laat opvlam het dat hy weer bo kon uitkom.

Sondag was hierdie driemalige Grand Slam-kampioen egter net ’n skadu van wat hy kan wees en hy het agterna erken hy sal diep moet dink oor sy spel. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Mats Wilander  |  Franse Ope  |  Andy Murray  |  Roland Garros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.