Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Williams klop Kanepi vir plek in kwarteind

Serena Williams het so byna op ’n piesangskil gegly teen Kaia Kanepi, maar kon herstel om ’n oorwinning van 6-0, 4-6, 6-3 te verseker en haar plek in die kwarteindstryd van die Amerikaanse Ope te bespreek.

Williams is nou een tree nader daaraan om die rekord van 24 Grand Slam-enkelspeltitels te ewenaar.

Serena Williams Foto: Getty Images

Kanepi, wat 44ste op die wêreldranglys is, het Simona Halep op verrassende wyse in die eerste ronde verslaan.

Enige spanning wat daar oor ’n moontlike nederlaag vir Williams kon wees, het bedaar toe sy die eerste stel in slegs 18 minute beklink het.

In ’n bisarre verskuiwing van momentum het die skare hulself op die punt van hul sitplekke bevind toe Kanepi, van Estland, die tweede stel beklink het.

Dit is die eerste keer dat Kanepi ’n stel teen Williams kon beklink nadat hulle al vyf keer vantevore teen mekaar te staan gekom het. Daar sou ook nie ’n tweede wees nie.

Net so vinnig soos die momentum na Kanepi beweeg het, het dit terug na Williams geswaai.

“Dit was uit die aard van die saak nie maklik nie. Ek dink die een ding wat sy goed gedoen het, was om haar strategie te verander en ’n heeltemal ander wedstryd te speel,” het Williams, wat 18 kishoue geslaan het, ná die wedstryd verduidelik.

“Ek het een of twee foute gemaak wat my die tweede stel gekos het. Dit is nie asof my spelpeil skielik drasties afgeneem het nie. Daar was een of twee punte in daardie stel wat ’n reuseverskil gemaak het.”

Williams kom volgende in die kwarteindronde teen die agtste gekeurde Karolina Pliskova van Tsjeggië te staan nadat sy die 18de gekeurde Australiër Ashleigh Barty gemaklik met 6-4, 6-4 verslaan het. - Reuters

Meer oor:  Serena Williams  |  Amerikaanse Ope  |  Kaia Kanepi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.