Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Wimbledon-baas: ‘Sport het sy les geleer’
Novak Djokovic omhels Filip Krajinovic nadat hy die beker as naaswenner aan hom oorhandig het op die toernooi in Belgrado, Serwië. Foto: Getty Images

Foto’s van spelers wat mekaar by die net omhels, saam basketbal speel en partytjie hou by Novak Djokovic se liefdadigheidswedstryde in Serwië en Kroasië, is “teleurstellend” en tennis moet ’n les hieruit leer, sê Richard Lewis, uittredende hoof van Wimbledon.

Djokovic, Grigor Dimitrov, Borna Coric en Viktor Troicki het almal die koronavirus opgedoen nadat hulle aan Djokovic se Adria-reeks deelgeneem het. Die spelers het saam vir foto’s geposeer, mekaar omhels, hand geskud en nuuskonferensies bygewoon. Die paviljoene in Belgrado en Zadar was volgepak.

Lewis sal volgende maand uittree as uitvoerende hoof van die All England Lawn Tennis Club. Hy het Donderdag gesê die foute van die Adria-reeks moenie herhaal word nie.

Zadar, Kroasië
Novak Djokovic gesels op 18 Junie met kinders in ’n straat in Zadar, Kroasië. Hy het Dinsdag bekend gemaak dat hy positief getoets is vir die koronavirus. Foto: AP

“Die foto’s wat ons gesien het, is teleurstellend. Wat hieruit moet voortspruit, is dat almal – nie net die spelers nie, maar administrateurs, organiseerders en ondersteuningspanne – moet besef die protokolle, reëls en regulasies is daar vir ’n rede.

“Dit is ’n belangrike les om te leer,” sê Lewis.

Wimbledon is afgelas en die Franse Ope is na September verskuif.

Die organiseerders van die Amerikaanse Ope sê streng reëls sal geld wanneer dié Grand Slam-toernooi in Augustus begin.

Sommige spelers, onder andere Djokovic, het die maatreëls vroeër as “ekstreem” beskou.

Ek hoop van harte dat wanneer die toernooie hervat word, tennis meer gedissiplineerd is en dat protokolle en reëls gevolg sal word.

Dié Serwiër is die wêreld se voorste manspeler en die hoof van die ATP (beroepspelersvereniging) se spelersraad.

Lewis sê spelers moet ’n groter leierskaprol speel.

“Ek hoop die organiseerders van die Amerikaanse Ope en Roland Garros, en ook die ander internasionale toernooie, sal besef dat protokolle afgedwing moet word.

“Ek hoop van harte wanneer die toernooie hervat word, tennis meer gedissiplineerd is en dat protokolle en reëls gevolg sal word.” – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Borna Coric  |  Viktor Troicki  |  Grigor Dimitrov  |  Covid-19  |  Amerikaanse Ope  |  Tennis  |  Adria-Reeks  |  Wimbledon  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.