Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Wimbledon erken virus kan toernooi kelder

’n Wimbledon-woordvoerder sê die toernooi “monitor” die situasie rondom die Covid-19-pandemie en erken daar is ’n moontlikheid dat vanjaar se grasbaan-skouspel afgelas kan word.

Vanjaar se Wimbledon kan moontlik weens die koronavirus-pandemie afgelas word. Foto: Getty Images

Tennis365 berig die All England Lawn Tennis Club (AELTC) het nog nie amptelik kommentaar gelewer oor hoe die koronavirus-uitbraak sy skedulering raak nie. Maar met die Britse regering wat deurloop onder kritiek vir sy hantering van die krisis het woordvoerder Eloise Tyson inligting met Ubitennis.com gedeel.

“Die AELTC monitor deurlopend die koronavirus-situasie en is in noue samewerking met die regering en die betrokke gedondheidsowerhede. Ons volg hulle raad oor die toepassing van goeie higiëne regoor ons landgoed,” sê Tyson.

“Hoewel ons beplanning vir die toernooi steeds voortgaan, sal ons verantwoordelik optree in die beste belange van die wyer gemeenskap.

“Indien die regering ons beveel om die toernooi te kanselleer, sal ons versekering ons in staat stel om die mense wat reeds kaartjies gekoop het te vergoed.”

Die toernooi het 140 jaar gelede ontstaan en is buiten die Wêreldoorloë elke jaar beslis.

Die organiseerders van die Franse Ope maak hulle ook gereed vir die ergste.

Guy Forget, toernooidirekteur, sê die bal is nie in sy hande nie.

“Ons sal ons aan die aanbevelings van die regering onderhou.”

- Sportredaksie

Meer oor:  Itf  |  Wimbledon  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.