Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Wimbledon in 2021 agter geslote deure?
Sal ons hoegenaamd toeskouers in 2021 by Wimbledon sien? Foto: Getty Images

Die All England-klub sê sy “nommereen prioriteit” is om te verseker dat Wimbledon volgende jaar voortgaan en hy oorweeg ’n toernooi sonder toeskouers.

Dié grasbaan-major is vanjaar weens die Covid-19-pandemie vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog afgelas.

Die All England-klub, die organiseerder, sê hy beplan reeds drie scenario’s vir 2021: Om die toernooi op volle kapasiteit te beslis, om dit op ’n verminderde kapasiteit te laat voortgaan of om dit agter geslote deure aan te bied.

Die derde Grand Slam van die jaar sal na verwagting van 28 Junie tot 11 Julie 2021 plaasvind.

Die All England-klub se pandemie-versekeringspolis het hom beskerm van verliese van tot £250 miljoen nadat vanjaar se toernooi afgelas is – maar dié dekking is nie volgende jaar beskikbaar nie.

Die Amerikaanse Ope is verlede maand in New York agter geslote deure beslis, met ’n maksimum van 1 000 toeskouers per dag wat onlangs by die Franse Ope in Parys toegelaat is.

“Ons oorheersende prioriteit bly deurlopend die gesondheid en veiligheid van al ons belanghebbers, veral ons gaste, ons personeel en ons deelnemers,” sê die All England-klub.

“Ons is in noue samewerking met die relevante regerings- en gesondheidsowerhede, asook saam met die res van die sportbedryf, om ’n begrip te kry van al die verskillende uitdagings en geleenthede wat die voortgaande koronavirus-pandemie bied.”

– Sportredaksie, BBCSport

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.