Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Wimbledon ‘marsjeer’ nog voort

Daar is nog geen planne om Wimbledon of enige van die ander grasbaantoernooie op vanjaar se tenniskalender te skuif nie.

Tog erken Andrea Gaudenzi, president van die ATP, daar moet vir enigiets voorsiening gemaak word.

’n Aansig van die hoofbaan by Wimbledon. Foto: Getty Images

Sportbyeenkomste oor die wêreld heen is in hul spore gestuit weens die Covid-19-pandemie wat oral sy tentakels ingeslaan het.

Dit het veroorsaak dat sommige byeenkomste gekanselleer is, terwyl ander voorlopig uitgestel is tot ’n latere datum.

Wimbledon is veronderstel om op 29 Junie te begin, maar met alle tennis wat voorlopig tot 7 Junie van die baan is, is dit te betwyfel of dinge op 8 Junie na normaal sal terugkeer.

“Ongelukkig word die gevolge van die Covid-19-pandemie deur alle aspekte van die gemeenskap gevoel. Dit sluit in spelers, toernooie en ook die beroepsreeks,” sê Gaudenzi volgens atptour.com.

“Dit is groter as enige sport. Die huidige situasie skep baie vrae, waarmee ons simpatie het, en ons werk hard daaraan om al ons opsies te evalueer.

“Ons vermoë om bykomende maatreëls in te stel, sal gelei word sodra ons weet hoe lank die krisis gaan duur en wanneer die reeks gaan hervat – iets wat in hierdie stadium onseker is.

“Dit bly ’n veranderende situasie wat baie tyd in die komende weke en maande gaan verg. Ons moet verhoed om oorhaastige besluite te neem as ons nie weet wanneer die krisis tot ’n einde gaan kom nie.

“Om presies te weet hoe lank dit gaan duur en wat die invloed van die krisis is, sal ons help om maatreëls in te stel,” sê Gaudenzi.

Die kleibaanseisoen en die Olimpiese Spele moes reeds die knie voor die koronavirus buig. – Sportredaksie

Meer oor:  Wimbledon  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Atp  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.