Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Wimbledon: Serena deur na halfeind nr. 11

Sy het aanvanklik ’n borrel of twee gehap, maar Serena Wiliams se ervaring en veggees het haar eindelik Dinsdag na die elfde Wimbledon-halfeindstryd van haar loopbaan gedra.

Serena Williams. Foto: Getty Images

Williams het wel in haar kwarteindstryd teen die ongekeurde Italianer Camila Giorgio haar eerste stel van hierdie kampioenskap verloor, maar haar teenstander daarna byna dadelik begin doodsmoor met haar vermoë om inspirasie uit die groot oomblikke te put.

Sy was in ’n uur en 43 minute baas met 3-6, 6-3, 6-4.

Dit was op die belangrikste punte waar Williams op haar beste was. Veral in ’n baie gelykop tweede stel waarin geen speler uitgetroon het bo die ander nie, het dít die deurslag gegee.

In die derde stel het Williams eenvoudig die momentum-golf gery en met aansienlik meer vryheid gespeel.

Haar volgende teenstander is die Duitser Julia Goerges, wat Dinsdag ook ’n groot terugvegpoging nodig gehad het om Kiki Bertens van Nederland uit te skakel.

Julia Goerges. Foto: Getty Images

Goerges, die 13de gekeurde, was met 3-6, 7-5, 6-1 baas oor Bertens.

Die 29-jarige Goerges kon voor vanjaar nooit die tweede week van Wimbledon haal nie en het om die waarheid te sê in al vyf die vorige jare in die eerste ronde verloor. Maar vanjaar is sy ’n ander speler.

Haar sege oor Bertens het 36 wenhoue ingesluit, teenoor die Nederlander se 19.

Goerges se sukses beteken dat Duitsland twee verteenwoordigers in die Wimbledon-halfeindronde sal hê.

Haar landgenoot Angelique Kerber, ’n tweemalige Grand Slam-wenner en voormalige Wimbledon-finalis, het ook deurgedring met ’n skoonstelsege van 6-3, 7-5 oor die Rus Daria Kasatkina.

Kerber, die elfde gekeurde, is die hoogste gekeurde speler wat oor is in die kompetisie, en sal nou die twaalfde gekeurde Jelena Ostapenko pak.

Ostapenko het te veel skietgoed gehad vir Dominika Cibulkova en met 7-5, 6-4 geseëvier.

Williams is die laagste gekeurde speler in die halfeindronde, as die nr. 25. Maar in haar strewe na ’n agtste Wimbledon-enkelspelkroon is sy sonder twyfel ook die gevaarlikste.

Dit was Dinsdag nogmaals duidelik.

Volledige uitslae.

Meer oor:  Wimbledon  |  Serena Williams  |  Kwarteindronde  |  Julia Goerges
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.