Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Wimbledon sny prysgeld; Osaka gaan speel

Daar is vanjaar by Wimbledon net meer as £35 miljoen se prysgeld op die spel, 5,2% minder as in 2019 toe die grasbaan-Grand Slam laas aangebied is.

Daar is vanjaar minder prysgeld op die spel as die laaste keer wat Wimbledon aangebied is. Foto: Getty Images

Wimbledon was in 2020 die enigste major-toernooi om afgelas te word weens die Covid-19-pandemie. Vanjaar se byeenkoms begin op 28 Junie.

Die kampioene in die enkelspel trek aan die kortste ent en sal £1,7 miljoen in hul sak steek, £650 000 minder as die £2,35 miljoen wat hulle in 2019 verdien het.

“Dit is ’n uitdagende tydperk en ons fokus ons distribusie daarop om spelers in die vroeë rondes van die toernooi te ondersteun,” sê die organiseerders, die All England Club, in ’n verklaring.

“Slegs vier spelers (finaliste en semifinaliste) in elk van die lotings vir die enkelspel sal minder prysgeld as in 2019 ontvang.”

Daar word 17,5% meer van die totale prysgeld toegeken aan spelers wat in die kwalifiseringsrondes meeding, terwyl rolstoelspelers kan uitsien na ’n toename van 17%.

Die organiseerders het ook bevestig hulle sal vir die laaste naweek 100% van die hoofbaan se kapasiteit kan vul, wat beteken 15 000 toeskouers sal onderskeidelik Saterdag en Sondag se enkelspel-eindstryde mag bywoon.

Dié kragmetings sal Brittanje se eerste buitelug-sportbyeenkomste met vol paviljoene wees sedert die begin van die koronavirus-pandemie verlede jaar.

• Volgens die organiseerders is die Japannese tennisster Naomi Osaka steeds ingeskryf vir die toernooi en daar is geen aanduiding dat sy Wimbledon sal misloop nie.

Naomi Osaka is steeds ingeskryf vir Wimbledon. Foto: Getty Images

Osaka (23), tweede op die wêreldranglys, het haar aan die Franse Ope onttrek weens omstredenheid oor haar besluit om die mediaonderhoude ná wedstryde te boikot.

Sy het gesê sy wil ’n blaaskans vat en dit het vrae laat ontstaan oor haar deelname aan Wimbledon.

Maar Sally Bolton, grootbaas van die All England Club, het Woensdag gesê soos sake staan sal Osaka in die toernooi speel.

“Ons was in kontak met haar span, ons het nie met Naomi self gesels nie,” sê Bolton.

“Sy is tans steeds ingeskryf en ons het nog geen bevestiging ontvang dat sy nie gaan deelneem nie.”

Jamie Baker, toernooidirekteur, sê hy was ook in kontak met Osaka se span.

“Die lyne is altyd oop om enige kwessie te bespreek. Uiteraard wil ons hê die beste spelers moet hier meeding,” sê hy.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis  |  Naomi Osaka  |  All England Club
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.