Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Wit handdoek laat Kyrgios rooi sien

Vir ’n rukkie het dit gelyk asof Nick Kyrgios sy streke laat staan het. Hy was meer gefokus, het grappies gemaak met ondersteuners en van sy beste tennis gespeel.

Hy het selfs verlede Sondag ’n titel gewen – die Citi Ope-toernooi in Washington DC.

Nick Kyrgios kou Dinsdag sy wit handdoek tydens sy wedstryd teen Kyle Edmund in die Rogersbeker-toernooi in Montreal, Kanada.Foto: Getty Images

Dié Australiese tennisspeler se donker kant het egter weer Dinsdag te voorskyn gekom in die Rogersbeker-toernooi in ’n relletjie oor ’n wit handdoek.

Die Brit Kyle Edmund het Kyrgios met 6-3, 6-4 in die eerste ronde uitgeboender. Die Aussie het dit nie op die agtervoet geniet nie, soos duidelik geword het in ’n woede-uitbarsting teenoor die skeidsregter nadat hy vir vloekery beboet is.

Kyrgios (24) het voor die wedstryd vir die skeidsregter gevra of hy ’n wit handdoek kan kry, pleks van die toernooi s’n met die logo van ’n borg. Hy het sy humeur verloor toe hy ná vyf potte besef dit is nog nie gedoen nie.

“Ek mag nie my stoel verlaat nie,” het die skeidsregter gesê nadat die woedende Aussie hom weer vir die handdoek gevra het.

“Sê jy vir my jy kan nie oor die radio vir ’n handdoek vra nie?” het ’n siedende Kyrgios geantwoord.

’n Baljoggie het eindelik vir Kyrgios ’n gewone wit handdoek gebring, maar dit het hom niks gehelp teen ’n puik Edmund nie.

In gelukkiger dae . . . net dae gelede. Nick Kyrgios lig die trofee nadat hy verlede Sondag die Citi Ope-toernooi gewen het. Hy het Daniil Medvedev in die eindstryd geklop. Foto: AP

Kyrgios se jongste uitbarsting kom net mooi toe die tenniswêreld begin glo het hy is besig om ’n skoon blaadjie om te slaan. Veral sy puik spel in sy Wimbledon-nederlaag teen Rafael Nadal het vir hom nuwe ondersteuners gewen.

In toernooie daarna was hy in ’n vriendelike luim en het hy grappies met toeskouers gemaak.

* Edmund sal Woensdag teen die Rus Daniil Medvedev te staan kom.

Die Amerikaner John Isner het 26 kishoue geslaan op pad na ’n sege van 6-3, 3-6, 7-6(6) oor die Aussie Jordan Thompson.

In ’n Kanadese stryd het Félix Auger-Aliassime met 6-2, 6-7(3), 7-6(3) met Vasek Pospisil afgereken.

Alexander Zverev van Duitsland het die Brit Cameron Norrie met 7-6(4), 6-4 geklop. – Reuters

Meer oor:  Nick Kyrgios  |  Rogersbeker  |  Toronto
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.