Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Woodbridge: 'Nadal, Federer sal moet kies'

Die oorblywende deel van die 2020-tennisseisoen gaan heelwat interessanthede oplewer en die voormalige dubbelspel-wêreldster Todd Woodbridge glo dit is onwaarskynlik dat Rafa Nadal en Roger Federer in al drie die Grand Slam-toernooie gaan speel wat nog beslis moet word.

Rafael Nadal. Foto: Gallo Images

Met die koronavirus-pandemie wat die ATP-reeks vir mans en WTA-reeks vir vroue gedwing het om alle toernooie tot 7 Junie op te skort, beteken dit daar word heelwat vrae gevra oor die res van die skedule.

Met dié dat die Franse Ope nou na 21 September verskuif is, beteken dit hierdie kleibaantoernooi word net twee weke ná die Amerikaanse Ope beslis.

Dit kan ’n tameletjie vir talle spelers skep, veral diegene wat hul kalenders ingeperk het om hul loopbane te probeer verleng.

Woodbridge glo Nadal en Federer kan dalk net in een van die Franse Ope of die Amerikaanse Ope speel.

“Wat gaan Rafael Nadal nou doen? Speel hy in die Amerikaanse Ope of spaar hy homself vir die Franse Ope? Die kans dat jy albei kan wen noudat hulle so kort ná mekaar is, is bra skraal,” het Woodbridge aan Nine.com.au se Wide World of Sports gesê.

“Die Amerikaanse Ope is brutaal in terme van die hitte en die hersteltydperk, en die Franse Ope is weer brutaal weens die fisiekheid daarvan op klei.

“Daar is werklik ’n moontlikheid dat spelers net een van die twee sal kies. Die meerderheid sal dalk wel in albei speel, maar die ouer spelers soos Federer en Nadal sal meer kieskeurig wees. Ek verwag dat Federer net die Amerikaanse Ope gaan speel en Nadal net die Franse Ope.

“Kan Novak (Djokovic) albei wen? Geskiedkundig is die Franse Ope en Wimbledon net enkele weke uitmekaar en het hy eintlik darem ’n week afgehad en dan een of twee weke om voor te berei, maar met die Amerikaanse Ope en die Franse gaan dit nie sommer die geval wees nie.

“As jy boonop ’n dubbelspelspeler is wat ver vorder by die Amerikaanse Ope gaan jy nie in die kwalifiserende toernooi vir die Franse Ope se enkelspel kan speel nie. Ek dink baie aspekte is oor die hoof gesien toe daar besluit is op die datums vir hierdie toernooie,” sê Woodbridge. – TeamTalk

Meer oor:  Tennis  |  Franse Ope  |  Rafael Nadal  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.