Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Woodbridge se harde woorde oor Roger

Die voormalige dubbelspelkampioen Todd Woodbridge glo die gedwonge onderbreking weens die Covid-19-pandemie sal die Switserse tennismaestro Roger Federer daarvan weerhou om nog ’n Grand Slam-titel te wen.

Roger Federer. Foto: Getty Images

Dié Australiër glo ’n lang onderbreking van tennis sal dit te moeilik vir Federer maak om sy “edge” en motivering te herwin.

Federer word vanjaar 39 jaar oud en is op die herstelpad ná ’n klein knieoperasie.

Hy was van plan om aan die grasbaan-seisoen deel te neem, asook die Olimpiese Spele, die Amerikaanse Ope en later vanjaar die Laverbeker.

Die Spele in Tokio is tot Julie 2021 uitgestel en niemand weet wanneer die tennisaksie gaan hervat nie.

Woodbridge glo ouderdom het die Switserse meester ingehaal.

“Roger sal hom moet afvra hoe gemotiveerd hy sal wees om nóg ’n jaar te speel,” sê Woodbridge aan AAP.

“Of het dié virus hom dalk gehelp?

“Hoe minder wedstrydtyd jy op dié ouderdom kry, hoe moeiliker is dit om na jou beste peil terug te keer.

Die moontlikheid dat Federer dalk nog een of twee majors kon wen, is daarmee heen – dit is hoogs onwaarskynlik.
Todd Woodbridge

“Ek dink post-2020 sal ’n nuwe era wees vir mense wat rekords nastreef, want ’n lang tydperk in tennis is onderbreek.

“Die moontlikheid dat Federer dalk nog een of twee majors kon wen, is daarmee heen – dit is hoogs onwaarskynlik.”

Federer spog met 20 Grand Slam-enkelspeltitels. Sy laaste grote was in 2018 se Australiese Ope.

* Intussen het Jim Courier, ’n tweemalige Franse Ope-kampioen, gesê die organiseerders van Roland Garros besef hulle het gefouteer toe hulle dié kleibaantoernooi eensydig geskuif het.

Spelers, die ATP- en die WTA-reekse is onkant gevang toe die Franse Tennisfederasie die toernooi van Mei na September verskuif het sonder om met enigeen te beraadslaag.

Ook die organiseerders van die Amerikaanse Ope en die Laverbeker was omgekrap omdat dit met hul toernooie inmeng.

Courier het aan The New York Times gesê die Franse Ope-organiseerders het vinnig besef hulle het verkeerd opgetree en op mense se tone getrap.

“Ek dink daar was sedertdien heftige gesprekke.” – TeamTalk

Meer oor:  Tennis  |  Roger Federer  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.