Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Wozniacki vier bruilof in Toskane

Die Deense tennisster Caroline Wozniacki is Saterdag in Italië met die voormalige NBA-basketbalspeler David Lee getroud, met Serena Williams en Angelique Kerber as haar strooimeisies.

Vogue berig 120 gaste het die 28-jarige voormalige Australiese Ope-kampioen en die 36-jarige Amerikaner se bruilof in die weelderige Castiglion del Bosco-hotel in die Toskaanse platteland bygewoon.

“Die intieme seremonie was die hoogtepunt van ’n naweek propvol onderbeklemtoonde elegansie teen die agtergrond van ’n omgewing regstreeks uit ’n feëverhaal,” is hoe Vogue die geleentheid beskryf.

Wozniacki was getooi in ’n skepping deur die modehuis Oscar de la Renta. De la Renta was die bekroonde ontwerper wat in die 1960’s bekendheid verwerf het as een van Jacqueline Kennedy se gunstelingkleremakers.

Lee het die NBA-titel in 2015 saam met die Boston Celtics verower en was twee keer in sy loopbaan van 12 jaar as ’n NBA All-Star aangewys.

Hy het in November 2017 op die eiland Bora Bora in die Stille Oseaan vir Wozniacki die jawoord gevra met ’n diamantverloofring van 8,88 karaat.

“Ons is mal oor Italië, ons het ons beste vakansies daar gehou,” sê Wozniacki oor die paartjie se keuse van Toskane.

“Ons is mal oor die kos, die wyn, alles! So ons het na Italië gekyk en hierdie plekkie gevind wat absoluut fantasties is.”

Benewens die Grand Slam-kampioene Williams en Kerber aan Wozniacki se sy, het ander bekendes soos Williams se man, die Amerikaanse internet entrepreneur Alexis Ohanian, die NBA-speler Pau Gasol en die NFL-voetbalaanbieder Jesse Palmer die bruilof bygewoon.

View this post on Instagram

Best weekend of my life ??

A post shared by Caroline Wozniacki (@carowozniacki) on

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Caroline Wozniacki  |  Serena Wil­Liams  |  Wta  |  Atp  |  Nba  |  Angelique Kerber
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.