Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Zverev beleef annus horribilis op baan

Alexander Zverev, wyd gereken as tennis se volgende superster, se sukkeljaar op die baan duur voort.

Nog ’n slegte dag op kantoor . . . Alexander Zverev het nie die tweede ronde van die Barcelona Ope oorleef nie. Foto: Getty Images

Dié 22-jarige Duitser, wat reeds met tien ATP-beroepstitels spog en verlede jaar vier keer in die wenkampie gedraai het, het Dinsdag ’n soveelste vroeë nederlaag in ’n groot toernooi in 2019 gely.

Dié keer was dit die onbesonge Chileen Nicolás Jarry wat hom in die tweede ronde uit die Barcelona Ope geboender het.

Zverev het ’n wedstrydpunt in die derde stel gehad, maar Jarry – ’n kwalifiseerder vir dié kleibaantoernooi – het vasgebyt en met 3-6, 7-5, 7-6(5) gewen.

Jarry beklee tans die 81ste plek op die wêreldranglys, terwyl Zverev die wêreld se nommer drie is.

Die talentvolle Duitser, wat as ’n troonopvolger vir ouer sterre soos Roger Federer en Rafael Nadal beskou word, is

verlede week in die Meesterstoernooi in Monte Carlo in die derde ronde deur die uiteindelike kampioen, Fabio Fognini, pak gegee.

Hy is vroeër vanjaar in die tweede ronde van die Miami Ope uitgeskakel, terwyl dit by die Meesterstoernooi in Indian Wells nie veel beter gegaan het nie en sy landgenoot Jan-Lennard Struff hom in die derde ronde sy tasse laat pak het.

In die jaar se eerste Grand Slam-toernooi, die Australiese Ope, het Zverev die vierde ronde gehaal, voordat die Kanadees Milos Raonic sy veldtog beëindig het.

Barcelona was ook nie die Zverev-ouboet, Mischa, goedgesind nie. David Ferrer het hom in die eerste ronde met 6-3, 6-1 van die Spaanse klei gevee.

Nadal sal oudergewoonte die gunsteling in Barcelona wees en mik na ’n ongeëwenaarde 12de titel in dié toernooi. – Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Alexander Zverev
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.