Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Zverev gee Novak sege op ’n skinkbord

Steeds is daar geen keer aan Novak Djokovic nie.

Die Serwiër het Woensdagmiddag in sy tweede wedstryd van die ATP-reeks se jaareindtoernooi sy reputasie van onstuitbaarheid gestu, toe hy sy 12de agtereenvolgende sege behaal het oor ’n speler in die toptien op die wêreldranglys.

Dié keer was die slagoffer die jong Alexander Zverev, wat aanvanklik sterk gestaan het, maar uiteindelik gevou het onder die ligte van die O2-arena. Djokovic was baas met 6-4, 6-1.

Novak Djokovic erken die skare se applous ná sy sege Woensdag oor Alexander Zverev. Foto: Reuters

Ná ’n goeie eerste stel waarin nie een van die twee teenstanders bereid was om bes te gee nie, het die wiele in die tweede stel vir die jong Duitser afgeval. Dalk was dit die feit dat hy alles na Djokovic gegooi het (hy het selfs op 5-4 ’n breekpunt gehad) en steeds die eerste stel verloor het; dalk net ’n gebrek aan konsentrasie. 

Sy afslaan, so onpriembaar vir die eerste nege potte van die stryd, het hom in die steek begin laat en dosyne ongedwonge foute het die wedstryd vir Djokovic op ’n skinkbord gegee.

Zverev het altesaam 33 ongedwonge foute gemaak. Hiervan was ses in die eerste afslaanpot wat hy verloor het (die tiende van die eerste stel). In die twee potte waarin hy sy afslaan in die tweede stel ingeboet het, was alles behalwe een van Djokovic se punte danksy foute deur Zverev.

Ek dink nie een van ons het asemrowende tennis gespeel nie, maar ’n sege is ’n sege.
Novak Djokovic

Djokovic het ná sy sege te kenne gegee dat dié uitslag in sy skoot geval het.

“Ek dink nie een van ons het asemrowende tennis gespeel nie, maar ’n sege is ’n sege. Hy het baie ongedwonge foute gemaak wat my toegelaat het om te wen, hy was duidelik nie naby aan sy beste nie. Ek het baie onverwagse punte gekry.

“Ek moet sê hy het goed afgeslaan in die eerste stel. Ek het meer probleme daarmee gehad as (Sondag) teen John Isner. Die persentasie van sy eerste afslaan het egter in die tweede stel geval, wat my ingelaat het.”

Die oorwinning beteken dat Djokovic ná twee groepwedstryde in Londen se O2-arena steeds onoorwonne is. Sy volgende wedstryd is teen die Kroaat Marin Cilic.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.