Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Zverev sê lang seisoen is ‘absurd’

Alexander Zverev beskryf die lang tennisseisoen as “absurd” nadat hy Woensdag skynbaar stoom verloor het in sy kragmeting teen Novak Djokovic in die ATP-jaareindtoernooi.

Die 21-jarige Duitser het in sy 74ste ATP-wedstryd van die seisoen gespeel en nadat hy vir nege potte meegeding het met die Serwiër, het hy uitgesak om met 6-4, 6-1 te verloor.

“Die probleem is dat ons seisoen heeltemal te lank is. Maar ek het dit al voorheen gesê,” sê Zverev, wat met 55 seges vanjaar meer as enige ander speler gewen het.

“Ons speel vir 11 maande van die jaar. Dit is absurd. Dis nie die geval in enige ander beroepsport nie.”

Alexander Zverev het vanjaar meer wedstryde as enige ander manspeler gewen. Foto: Getty Images

Hoewel hy deur baie kenners as ’n toekomstige Grand Slam-kampioen beskou word, kon Zverev nog nie verby die kwarteindronde in enige van die vier major-toernooie vorder nie.

Hy het reeds drie Masters 1000-titels beklink, wat ’n sege vanjaar op klei in Madrid insluit.

Zverev het die agtmalige Grand Slam-kampioen Ivan Lendl betrek in ’n poging om die volgende trappie te bereik en Djokovic, eerste op die wêreldranglys, glo dit sal vrugte afwerp.

Djokovic sê ook aanhangers moet geduldig wees met belowende spelers soos Zverev en soortgelyke jong talent soos Borna Coric van Kroasië en Stefanos Tsitsipas van Griekeland in hul veldtog om ’n deurbraak te maak in die sport se grootste toernooie.

“Ek weet julle ouens is dalk bietjie ongeduldig met hulle,” sê Djokovic.

“Ek dink daar is baie gehalte in die nuwe generasie. Zverev staan uit die aard van die saak aan die voorpunt, hy het homself bewys.

Lendl is een die grootste legendes in ons sport. Met hom in jou kamp as jou mentor, as jou tennisafrigter, is baie waardevol. Hy is verseker op die regte pad.”

Zverev kon nie in 2017 in Londen vir die halfeindronde kwalifiseer nie en moet Vrydag met John Isner afreken vir ’n kans om tot die naweek te oorleef.

“Ek het een oorblywende groepwedstryd en ons sal sien hoe dit gaan,” sê Zverev.

“Ek dink ek sal dit benader as ’n normale kwarteindstryd in ’n normale toernooi.”

In Woensdag se ander kragmeting is Isner deur Marin Cilic geklop. Die telling was 6-7(2), 6-3, 6-4 in die Kroaat se guns.

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Atp  |  Alexander Zverev  |  Atp-Jaareindtoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.