Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Zverev skud Nadal op klei in Madrid

Alexander Zverev het Vrydag sy derde agtereenvolgende sege oor Rafael Nadal behaal om vir die tweede keer tot die halfeindronde van die Madrid-Ope deur te dring.

Alexander Zverev. Foto: Getty Images

Die vyfde gekeurde Duitser was met 2-4 agter in die eerste stel, waarna hy herstel het om die topgekeurde Nadal van Spanje vir die eerste keer op klei met 6-4, 6-4 te verslaan.

“Dis beslis een van die grootste oorwinnings tot dusver in my loopbaan, veral op klei teen Rafa. Dis een van die

moeilikste goed om in ons sport te doen,” het Zverev agterna volgens atptour.com gesê.

“Om hom in sy agterplaas, in Spanje, te klop, is ongelooflik, maar die toernooi is nog nie verby nie.”

Zverev het die toernooi in 2018 gewen toe hy Dominic Thiem van Oostenryk geklop het, wat toevallig nou sy teenstander in die halfeind is.

Thiem het in sy kwarteindstryd teen John Isner die eerste stel verloor, maar herstel om met 3-6, 6-3, 6-4 te wen.

Thiem het reeds agt van die tien wedstryde teen Zverev gewen wat vier seges in vyf wedstryde op kleibane insluit.

In hulle mees onlangse ontmoeting, die eindstryd van verlede jaar se Amerikaanse Ope, het Thiem die eerste twee stelle verloor en ’n breekpunt te bowe gekom om met die kroon weg te stap. – Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Madrid  |  Spanje  |  Alexander Zverev  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.