Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Zverev was verlede week negatief, maar...

Die Duitse tennisspeler Alexander Zverev het verlede Woensdag ’n Covid-19-toets ondergaan en die volgende dag die nuus gekry dat die uitslag negatief is.

Alexander Zverev was Sondag siek in sy wedstryd teen Jannik Sinner in die vierde ronde van die Franse Ope. Foto: AP

Zverev was Sondag in sy wedstryd in die vierde ronde teen Jannik Sinner van Italië koorsig, hoeserig en het met sy asemhaling gesukkel. Hy het ook na sy keel gewys en later ’n pil gesluk.

Zverev, die sesde gekeurde, was glad nie op sy beste nie en het in vier stelle verloor.

Sinner het op die nuuskonferensie gesê hy glo nie hy sal siek word nie, want hulle was nie naby mekaar nie.

Die Franse Tennisfederasie, wat dié Grand Slam-toernooi reël, sê Zverev het nie voor sy wedstryd by Roland Garros se mediese span om hulp aangeklop nie.

Volgens die FFT was Zverev (23) se Covid-19-toetse op datum en is hy aangesê om Sondag ’n roetinetoets te ondergaan.

Zverev het gesê hy was siek sedert sy oorwinning Vrydag in die derde ronde teen die Italianer Marco Cecchinato. Hy was in die nag koorsig en het ’n temperatuur van 38 grade Celsius gehad.

Volgens die organiseerders is twee meisies in die junior toernooi positief getoets en hulle is onttrek.

Altesaam 3 000 toetse is sedert 17 September uitgevoer, sê die organiseerders. – Reuters

Meer oor:  Alexander Zverev  |  Roland Garros  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.