Engeland se krieketspan het Woensdag in Durham sy plek in die halfeindronde van die Wêreldbeker-toernooi bespreek met ’n reuse oorwinning met 119 lopies oor Nieu-Seeland.

Die gasheer, Australië en Indië is reeds deur na die laaste vier, met Nieu-Seeland wat na alle waarskynlikheid die laaste plek sal neem.

Pakistan het nog ’n wiskundige kans om die Kiwi’s in te haal, maar hy sal sy laaste groepwedstryd Vrydag teen Bangladesj op Lord’s in Londen baie ver moet wen om sy nettolopie-tempo genoegsaam te verbeter.

Engeland was die groot gunsteling voor die toernooi, maar hy het verlede Dinsdag teen Australië verloor en skielik móés hy sy laaste twee wedstryde wen om seker te maak van ’n plek in die halfeindronde.

Dit is verstommend hoe vinnig sake verander het in dié toernooi. Engeland was die groot gunsteling voor die toernooi, maar hy het verlede Dinsdag teen Australië verloor en skielik móés hy sy laaste twee wedstryde wen om seker te maak van ’n plek in die halfeindronde.

Engeland se oortuigende oorwinnings oor Indië en Nieu-Seeland het sy skip weer op koers geplaas en nie een van die oorblywende spanne sal teen hom wil speel in die halfeind nie.

Tom Latham (57) het Nieu-Seeland se sukkel-kolfbeurt van 186 ’n mate van geloofbaarheid gegee, maar selfs sy bydrae sou nooit genoeg gewees het nie.

Alles het Woensdag reg verloop vir Eoin Morgan-hulle.

Die Engelse kaptein het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Jason Roy
Jason Roy (AP)

Die aanvangspaar Jonny Bairstow (106 van 99 balle; 15x4, 1x6) en Jason Roy (60) het 123 lopies (112 b) die pap van meet af dik aangemaak.

Bairstow en Joe Root het die telling tot 194/1 na 30 boulbeurte geneem.

Engeland het toe momentum verloor en slegs 111/7 van die laaste 120 balle af aangeteken.

Engeland se totaal van 305/8 was oorgenoeg om dié wedstryd te wen.

Die Kiwi’s het hul eerste paaltjie – Henry Nicholls – in die eerste boulbeurt verloor.

Hulle het daarna gestotter en toe die twee groot kanonne Kane Williamson en Ross Taylor, hul paaltjies binne 10 balle van mekaar op 68/4 verloor het. Die Swartpette was almal vir 186 terug in die paviljoen.