Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
WB-Krieket
Gibson vestig hoop op Amla se ervaring

Ottis Gibson hoop dat Hashim Amla se ervaring van kolfwerk in Engelse toestande en sy vorige sukses in dié land die deurslag sal gee wanneer die Wêreldbeker-toernooi oor twee weke begin.

Ofskoon Amla die laaste jaar of wat gesukkel het met sy peil, is die kans goed dat hy op 30 Mei teen Engeland in die openingswedstryd van die toernooi gaan speel.

Proteas
Die Proteas het Tafelberg Maandag uitgeklim as deel van ’n spanbou-oefening. Hier word hulle op die berg deur hul kaptein, Faf du Plessis, toegespreek. Foto: Facebook | Faf du Plessis

Amla het uitstekende herinneringe aan die tuiste van krieket. Hy het in 2012 die eerste Suid-Afrikaner geword om ’n driedubbele 100-tal in toetskrieket aan te teken toe hy 311* op die Oval gemoker het. Die Proteas speel hoeka op 30 Mei op die Oval.

Hy het ook ’n voortreflike rekord in eendagkrieket. In sy 18 kitswedstryde in Engeland het hy 851 lopies teen ’n gemiddelde van 56.73 en ’n treftempo van 90.43 geslaan.

Dié goeie rekord gaan hom egter min help as hy nie blitsig weer op dreef kom nie. Die Proteas het gehoop dat sy deelname aan die plaaslike T20-reeks hom sou help, maar hy het erg in dié reeks gesukkel.

Imran Tahir is nog ’n speler wat baie geboul het in die IPL en nie juis wedstrydoefening nodig het nie.
Ottis Gibson

In sy agt beurte vir die Cape Cobras, het hy tellings van 16, 2, 7, 32, 4, 18, 3 en 10 aangeteken. Hy het hom toe ’n paar wedstryde voor die einde van die reeks aan die Cobras se span onttrek.

Hashim Amla het ’n lopiedroogte vir die Cobras in die plaaslike T20-reeks beleef. Foto: Gallo Images

“Hash wou net wegkom van die T20-reeks. Hy het nie baie lopies in dié reeks aangeteken nie,” sê Gibson.

Dit is moeilik om voor te berei in T20-krieket vir eendagkrieket, want in die korter weergawe moet jy elke bal aanval. In eendagkrieket kry jy meer kans om jouself in te grawe.

“Die geskiedenis wys ook dat as jy in Engelse toestande gaan probeer om elke bal te slaan, jy jou paaltjie gaan weggee. Hashim is goed vertroud met Engelse toestande en weet wat hy moet doen om daar sukses te behaal.”

Gibson sal hoop dat Amla in die twee opwarmingswedstryde voor die toernooi weer die lopiekrane oopdraai.

Die Proteas pak Sri Lanka volgende Vrydag in Cardiff en speel dan twee dae later teen die Wes-Indiese Eilande in Bristol.

Gibson sê ook hy gaan die opwarmingswedstryde gebruik om spelers wedstrydoefening te gee wat dit broodnodig het.

“Ek wil nie hê mense moet skrik as Faf (du Plessis) nie in die eerste oefenwedstryd gaan speel nie. Hy het die laaste ruk baie krieket gespeel in die IPL en is baie goed op dreef,” sê die breier.

“Imran Tahir is nog ’n speler wat baie geboul het in die IPL en nie juis wedstrydoefening nodig het nie.”

Meer oor:  Hashim Amla  |  Wêreldbekerkrieket  |  Proteas  |  Ottis Gibson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.