Sachin Tendulkar het in sy Wêreldbeker-kristalbal gekyk en nie vir Suid-Afrika daarin gesien nie. Foto: Getty Images Images

Indië se voormalige sterkolwer Sachin Tendulkar glo die Proteas sal nie een van die vier spanne wees wat die halfeindronde van die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Engeland gaan haal nie.

Tendulkar sê Australië, die vyfmalige kampioen, Indië, en Engeland, die gasheer, behoort in vanjaar se halfeindronde te wees.

Volgens hom kan die vierde span in die halfeindronde Nieu-Seeland of Pakistan wees.

Suid-Afrika het sedert 1992 vier keer in sewe probeerslae die halfeindronde van die skouspel gehaal – 1992, 1999, 2007 en 2015.

Tendulkar het in 2011 ’n eerste keer WB-glorie gesmaak toe Indië die toernooi gewen het. Dit was Indië se tweede WB-triomf. Die vorige een was in 1983.

Hy was Speler van die Toernooi in 2003 in Suid-Afrika met 673 lopies. – Sportredaksie, espncricinfo.com