Daar is in 2017 kwistig voorspel dat Faf de Klerk se toetsloopbaan van korte duur was.

Daar is in 2017 kwistig voorspel dat Faf de Klerk se toetsloopbaan van korte duur was.
Geniet die lof wat julle kant toe kom en rus goed uit oor die feestyd, want die werklikheid wag net om die draai.
Een van Eddie Jones, afrigter van Engeland, se invloedryke assistente in die afgelope Wêreldbeker-rugbytoernooi gaan hom as breier by die Wallabies aansluit.
Dit is so dat daar ’n opkikkerprobleem in Suid-Afrikaanse skolerugby is en die verbode middels wat in ’n bloedmonster van die ster-vleuel Aphiwe Dyantyi gevind is, is ’n groot jammerte.
Engeland se afrigter, Eddie Jones, erken dat hy ’n fout gemaak het met sy spankeuse vir die Wêreldbekereindstryd en dat hy eerder “vars bene” teen Suid-Afrika moes inspan.
Hy sal nie sê Jeremy Guscott het suur druiwe nie, maar tog wonder Corné Krige of dié oud-Engelse senter dieselfde deuntjie oor plaasvervangers sou sing as Engeland die Springbokke in die WB-eindstryd opgekeil het.
Wanneer afrigters sê hul spanne moet in die “regte areas speel”, is dit beslis nie ’n verwysing na hulle eie kwartgebied nie.
Die omstrede Ierse rugbykommentator Neil Francis stel voor dat daar ’n asterisk agter die Springbokke se Wêreldbeker-sege in die annale aangebring word, glo weens Suid-Afrikaanse rugby se geskiedenis van verbode middels.
Terwyl die vreugdevure Maandag hoog gebrand het tydens die Springbok-rugbyspan se oorwinningsparade in Kaapstad, het die ontevredenheid in Port Elizabeth uitgekring.
Duisende Kapenaars het Maandag die strate ingevaar om die Springbokke te verwelkom met die laaste been van hul oorwinningstoer ná die Wêreldbeker.
Om die “vinnige en verwoede” kragmeting tussen die All Blacks en Engeland in die halfeindronde van die Wêreldbeker-rugbytoernooi te hanteer, het Nigel Owens oortuig dit is nog nie tyd om sy fluitjie weg te pak nie.
Terwyl menige Johannesburger verlede Dinsdagaand gesukkel het om uit die verkeersknoop te kom wat die aankoms van die Webb Ellis-beker veroorsaak het, het ’n groep Springbokke gaan lê vir tatoes om hul triomf in Japan te herdenk.
Eddie Jones word verbind met ’n skuif na Rugbyliga in Australië en ’n koerant in Sydney het die naam van die klub genoem wie hy blykbaar gretig is om af te rig.
“Ek dink ons is nou verby die punt waar ons oor kwotaspelers praat. Sommige mense sit nog vas in die verlede, maar ek glo ons het dit verbygesteek.”
Pieter-Steph du Toit het altyd geweet dit gaan ’n groot makietie wees, maar Suid-Afrikaners se reaksie op die oorwinning in die Wêreldbeker (WB)-toernooi het sy wildste verwagtinge oortref.
Daar is groot teleurstelling en ontevredenheid oor die Springbok-rugbyspan se oorwinningsparade Sondag in Port Elizabeth.