Vir die TeamTalk-kommentaar oor dié wedstryd, klik op die Kommentaar-hofie hierbo.

Engeland: Elliot Daly, Anthony Watson, Henry Slade,  Manu Tuilagi, Jonny May, Owen Farrell (k), Ben Youngs, Billy Vunipola, Sam Underhill, Tom Curry, Courtney Lawes, Maro Itoje, Kyle Sinckler, Jamie George, Mako Vunipola. PLAASVERVANGERS: Luke Cowan-Dickie,  Joe Marler, Dan Cole, George Kruis, Lewis Ludlam, Willi Heinz, George Ford, Jamie Joseph.

Australië: Kurtley Beale, Reece Hodge, Jordan Petaia,  Samu Kerevi, Marika Koroibete, Christian Lealiifano, Will Genia, Isi Naisarani, Michael Hooper (k), David Pocock, Rory Arnold, Izack Rodda, Allan Alaalatoa, Tolu Latu, Scott Sio. PLAASVERVANGERS: Jordan Uelese, James Slipper, Taniela Tupou, Adam Coleman, Lukhan Salakaia-Loto, Nic White, Matt To’omua, James O’Connor.

2019-11-22 17:08:54
11:09:16vm.
Dankie vir die saamkuier. Ek is nou-nou weer terug vir die kragmeting tussen die Iere en die All Blacks. 
11:08:37vm.
Engeland kom in die halfeind teen die wenner van die kragmeting tussen die All Blacks en Ierland te staan. 
11:06:04vm.
Engeland wen met 40-16 en bespreek sy plek in die halfeind. 
11:03:06vm.
Die druk word nie toegeken nie. 
11:02:38vm.
Die Aussie Marika Koroibete duik oor, maar die skeidsregter vermoed 'n vorentoe aangee. 
11:00:37vm.
Farrell voeg twee punte by. Die telling is nou 40-16. 
10:59:13vm.
Nog 'n Engelse drie.
10:56:00vm.
Farrell jaag nog 'n strafdoel deur die pale om die telling 33-16 te maak. 
10:53:47vm.
Ek dink ons kan maar vir mekaar sê dat die Wallabies huiswaarts keer. 
10:47:21vm.
Farrell voeg nog drie punte by. Die telling is nou 30-16.
10:41:35vm.
Daar is so 18 minute se speeltyd oor. Die telling is 27-16 in Engeland se guns. 
10:40:40vm.
Farrell gaan senter speel, en Henry Slade het die veld verlaat. 
10:40:10vm.
George Ford is op vir die Engelse. 
10:28:39vm.
Farrell voeg nog drie punte by. 
10:24:34vm.
Farrell voeg twee punte by, die telling is nou 24-16.
10:23:42vm.
Kyle Sinckler druk die Engelse se derde drie. 
10:21:40vm.
Die telling is nou 17-16 in die Engelse se guns. 
10:21:23vm.
Lealiifano voeg twee punte by. 
10:20:22vm.
Marika Koroibete, vleuel van die Wallabies, duik oor. 
10:19:54vm.
Die Aussies druk hul eerste drie. 
10:17:19vm.
Farrell gaan afskop.  
10:16:14vm.
Die spelers is terug op die veld. 
10:03:07vm.
Dit is rustyd. Rek gou bene, ek is nou weer terug. Die telling is 17-9 in die Engelse se guns. 
10:02:11vm.
Die Aussies het nou nege punte op die telbord. 
10:01:17vm.
Lealiifano lê aan pale toe. 
10:00:21vm.
Die Engelse word gestraf by 'n skrum. 
09:48:57vm.
Farrell maak die telling 17-6 in Engeland se guns.  
09:45:01vm.
Lealiifano voeg nog drie punte vir die Wallabies by, ná onkantspel deur die Engelse.  
09:41:10vm.
14-3 vir die Engelse. 
09:40:51vm.
Farrell voeg nog twee punte by. 
09:39:13vm.
Ná 'n stukkie briljante spel.
09:38:55vm.
May druk weer!
09:37:51vm.
Die telling is nou 7-3.
09:37:33vm.
Farrell voeg twee punte by met die doelskop. 
09:36:30vm.
Die vleuel Jonny May duik oor in sy 50ste toets. 
09:35:57vm.
Die Engelse druk hul eerste drie. 
09:35:04vm.
Die Engelse het nou aangeval, maar het die bal verloor 'n paar meter van die Wallabies se doellyn. 
09:30:21vm.
Die Aussies loop voor met 3-0. 
09:29:27vm.
Christian Lealiifano lê aan pale toe. 
09:24:48vm.
Maar tog word die Aussies gestraf.
09:24:07vm.
Dit lyk of die Engelse stut Kyle Sinckler bietjie swaarleef in die skrums. 
09:21:04vm.
Die Engelse kry 'n skrum, nadat die Aussies die eerste paar minute die balbesit oorheers het. 
09:19:27vm.
Dit lyk of die Wallabies vinnig probeer speel. 
09:17:47vm.
Dit is nou sulke tyd. Die Aussies gaan afskop. 
09:13:07vm.
Die spanne gaan nou hul lande se onderskeie nasionale liedere sing.