CHOFU, JAPAN - SEPTEMBER 20: Kotaro Matsushima of
Kotaro Matsushima druk Japan se vierde drie in sy Wêreldbekeropeningswedstryd teen Rusland. Foto: Getty

SO WERK ONS REGSTREEKSE DEKKING

2019 se Wêreldbeker-toernooi begin in Tokio waar die gasheer Rusland die stryd aansê.

* Lees ons regstreekse dekking in Afrikaans oor die openingseremonie en die eerste wedstryd hieronder.

* Vir regstreekse Engelse kommentaar, klik op die 'Kommentaar'-hofie hierbo. 

2019-10-21 09:17:16
02:44:56nm.
Die eindtelling: 30-10. 
02:43:06nm.
Matshushimi glimlag breed. Die Brave Blossoms het nie hul landgenote teleurgestel nie en kan 'n regmerkie langs hul eerste groepwedstryd maak.
02:37:39nm.
Die Springbokke se opspraakwekkende nederlaag teen Japan in Brighton vier jaar gelede is nou al holrug gery, maar min mense weet dat Engeland 40 jaar gelede óók so ampertjies op sy baadjie gekry het teen die Brave Blossoms.
02:32:30nm.
Dit lyk of Kotaro Matsushima geen brieke het nie. Japan loop met 30-10 voor na sy driekuns.
02:25:41nm.
 Yu Tamura rek Japan se voorsprong met 'n strafdoel na 23-10.
02:20:01nm.
Ná 60 minute lees die telbord 20-10 in Japan se guns.
02:19:13nm.
Lappies Labuschagne duik oor vir Japan se derde drie. | Foto: Getty Images
02:01:33nm.
Die telbord in Tokio sê 15-7! Die gasheer is steeds die voorloper.
01:55:38nm.
Die tweede helfte skop af in Tokio. Die gasheer loop voor met 12-7.

01:53:31nm.
Daar is verskeie WB-oomblikke wat nie maklik vergeet sal word nie. Van Japan se skok-oorwinning teen Suid-Afrika in 2015 tot Jonny Wilkinson wat met 'n skepdoel vir Engeland die sege beklink het in die eindstryd teen Australië in 2003. Vanjaar se WB-toernooi sal waarskynlik weer sulke oomblikke oplewer.
01:40:21nm.
Doellyn toe. Kotaro Matsushima druk vir Japan om net voor rustyd seker te maak dat die gasheer voorloop.
Die rustydtelling is 12-7 in Japan se guns.
01:11:32nm.
Ná 20 minute loop Rusland steeds met 7-5 voor in Tokio.
01:00:23nm.
Nie die begin wat die gasheer wou hê nie, maar Japan slaan terug.

12:56:48nm.
Rusland het die eerste punte op die telbord, dit is 0-7 nadat Kirill Golosnitskiy gaan druk.
12:47:53nm.
En die wedstryd skop af.
12:47:40nm.

Hier is die spanne: Japan: Keita Inagaki, Shota Horie, Asaeli Ai Valu, Wimpie Van Der Walt, James Moore, Michael Leitch (k), Pieter Labuschagne, Kazuki Himeno, Yutaka Nagare, Yu Tamura, Lomano Lemeki, Ryoto Nakamura , Timothy Lafaele, Kotaro Matsushima, William Tupou. Plaasvervangers: Atsushi Sakate, Isileli Nakajima, Jiwon Koo, Luke Thompson, Hendrik Tui, Fumiaki Tanaka, Rikiya Matsuda, Ryohei Yamanaka

Rusland: Valery Morozov, Stanislav Selskii, Kirill Gotovstev, Andrey Ostrikov, Bogan Fedotko, Vitaly Zhivatov, Tagir Gadzhiev, Nikita Vavilin, Vasily Dorofeev, Yury Kushnarev, Kirill Golosnitskiy, Dmitry Gerasimov, Vladimir Ostroushko, German Daydov, Vasily Artemyev (k). Plaasvervangers: Evgeny Matveev, Andrei Polivalov, Azamat Bitiev, Andrey Garbuzov, Anton Sychev, Dmitry Perov, Ramil Gaisin, Vladislav Sozonov

12:43:56nm.
Dit is tyd vir die eerste volksliedere van 2019 se WB-toernooi.
12:43:39nm.

Wie ondersteun jy vandag?

Al klop jou hart Groen-en-Goud kan jy nie anders as om vandag vir die gasheer duim vas te hou nie.

Die Japanners het die spanne voor die toernooi gul ontvang. Duisende toeskouers het na oefeninge gestroom en daar was selfs dié skoolkinders wat die All Blacks met die haka verwelkom het.

<
12:38:31nm.
Dit is nou amper tyd vir die openingswedstryd tussen Japan en Rusland. Gaan jy die wedstryd op TV kyk? 

Jy kan regstreekse kommentaar oor al die aksie volg deur op die kommentaar-hofie bo te klik.
12:33:03nm.
Kyk: 44 dae, 20 spanne, 1 trofee. 
12:29:50nm.
Die trofee waarvoor spanne sake sal uitspook in die volgende ses weke in Japan.

Die tafel is gedek vir die openingswedstryd.
12:26:16nm.
Richie McCaw met die Webb Ellis-trofee. 
12:25:21nm.
12:24:55nm.
12:24:28nm.
12:11:13nm.
12:10:57nm.
12:10:42nm.
12:04:23nm.
12:03:57nm.
11:59:46vm.
11:56:09vm.
Hier is 'n reeks foto's van die betowerende seremonie. Dit was net te vinnig verby! | Foto's: Getty Images
11:54:00vm.
Die formaliteite is nou byna verby en om 12:45 (SA tyd) gaan die openingswedstryd afskop.
11:48:59vm.

Nou is dit tyd vir die toesprake en Bill Beaumont, voorsitter van Wêreldrugby, is aan die woord. 

"Dit is die oomblik waarvoor die mense in Japan gewerk het," sê hy.