Vir die TeamTalk-kommentaar oor dié wedstryd, klik op die Kommentaar-hofie hierbo.

Nieu-Seeland: Beauden Barrett, Sevu Reece, Jack Goodhue, Anton Lienert-Brown, George Bridge, Richie Mo’unga, Aaron Smith, Kieran Read (k), Sam Cane, Ardie Savea, Sam Whitelock, Brodie Retallick, Nepo Laulala, Cody Taylor, Joe Moody. PLAASVERVANGERS: Dane Coles, Ofa Tu’ungafasi, Angus Ta’avao, Scott Barrett, Matt Todd, Thomas Perenara, Sonny Bill Williams, Jordie Barrett.

Ierland: Rob Kearney, Keith Earls, Garry Ringrose, Robbie Henshaw, Jacob Stockdale, Johnny Sexton, Conor Murray, CJ Stander, Josh van der Flier, Peter O’Mahony, James Ryan, Iain Henderson, Tadhg Furlong, Rory Best (k), Cian Healy. PLAASVERVANGERS: Niall Scannell, Dave Kilcoyne, Andrew Porter, Tadhg Beirne, Rhys Ruddock, Luke McGrath, Joey Carbery, Jordan Larmour.

2019-11-22 17:05:47
02:19:05nm.
Dankie vir die saamkuier. Ons gesels moreoggend weer. 
02:18:36nm.
Ek voel tog jammer vir Joe Schmidt, afrigter van Ierland. Hy het die afgelope paar jaar woema in die Iere se spel gebring. Hoewel dit nie vandag so gelyk het nie. 
02:17:09nm.
Ek dink Eddie Jones wonder hoe sy Engelse die All Blacks kan stop.
02:16:40nm.
Die All Blacks kom aanstaande naweek teen Engeland in die halfeind te staan. 
02:14:46nm.
Die All Blacks wen met 46-14. 
02:13:36nm.
Mo'unga mis weer met die doelskop. 
02:12:05nm.
Daar duik Jordie Barrett ook nou oor. 
02:08:25nm.
Daar word 'n strafdrie aan Ierland toegeken.
02:05:11nm.
Die telling is 41-7. 
02:03:52nm.
Maar George Bridge druk egter vir die All Blacks. 
02:02:22nm.
Die telling is nou 34-7 met so nege minute speeltyd oor.
02:00:41nm.
Die Ierse senter Robbie Henshaw duik oor, en vergoed vir 'n aanslaan skaars 'n minuut tevore toe hy net die bal moes druk. 
01:59:42nm.
Ierland druk sy eerste drie. 
01:55:15nm.
Praat van eenrigtingverkeer. 
01:54:55nm.
Die telling is 34-0. 
01:54:30nm.
Rory Best is van die veld af, in wat straks sy laaste toets was. 
01:53:18nm.
Mo'unga is onsuksesvol met die doelskop. 
01:51:57nm.
Matt Todd duik oor. 
01:51:38nm.
Daar druk die All Blacks weer. 
01:51:18nm.
Die telling is steeds 29-0. Ierland probeer sonder sukses om iets te maak. 
01:50:37nm.
Daar is so 20 minute se speeltyd oor. 
01:45:52nm.
Waar dink jy het dinge vandag vir die Iere verkeerd geloop? 
01:38:14nm.
Daar is nog so 30 minute speeltyd oor.
01:37:28nm.
Die telling is nou 29-0. 
01:37:02nm.
Mo'unga voeg twee punte by met die doelskop. 
01:36:36nm.
Hierdie begin omtrent soos kuikenmoord te lyk. 
01:36:20nm.
Codie Taylor duik oor.
01:33:37nm.
Dit vertel seker die storie. 
01:33:23nm.
Die All Blacks het nog net een duikslag in die wedstryd verbrou.
01:25:46nm.
Wat sou Joe Schmidt se boodskap aan sy Ierse spelers met rustyd gewees het? 
01:25:08nm.
Die spelers is terug op die veld. 
01:17:31nm.
Die All Blacks is meesters daarvan om op 'n teenstander se foute te teer. 
01:17:06nm.
Ierland word net nie kans gegun om sy voete te vind nie. 
01:12:46nm.
Dit is rustyd en die telling is 22-0 in die All Blacks se guns. 
01:12:21nm.
Peter O’Mahony maak hom skuldig aan ongeoorloofde spel. 'n Strafskop vir die Iere word omgedraai. 
12:58:52nm.
Die telling is 22-0.
12:58:35nm.
Mo'unga se poging vir die doelskop is mis. 
12:57:08nm.
Die drie word toegeken. 
12:55:12nm.
Die skeidsregter verwys die beslissing. 
12:54:40nm.
Beauden Barrett duik oor. 
12:44:23nm.
Die Iere steel 'n lynstaanbal op die All Blacks se ingooi. 
12:42:45nm.
Die telling is 17-0. 
12:42:23nm.
Mo'unga voeg tweee punte by met die doelskop. 
12:41:11nm.
Ja-nee, hierdie Nieu-Seelanders is in 'n klas van hul eie.