URAYASU, JAPAN - SEPTEMBER 17: Siya Kolisi (c) dur
Siya Kolisi, kaptein van die Springbokke. Foto: Gallo Images

Die Springbokke se veldtog in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi begin Saterdag teen die All Blacks in Jokohama.

Lees ons dekking hier of om die regstreekse TeamTalk-kommentaar te volg, klik op die Kommentaar-hofie hierbo.

Suid-Afrika: Willie le Roux, Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Duane Vermeulen, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), Franco Mostert, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Steven Kitshoff PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Beast Mtawarira, Trevor Nyakane, RG Snyman, Francois Louw, Herschel Jantjies, Frans Steyn, Jesse Kriel. 

Nieu-Seeland: Beauden Barrett, Sevu Reece, Anton Lienert-Brown, Ryan Crotty, George Bridge, Richie Mo’unga, Aaron Smith, Kieran Read (k), Sam Cane, Ardie Savea, Scott Barrett, Sam Whitelock, Nepu Laulala, Dane Coles, Joe Moody. PLAASVERVANGERS: Codie Taylor, Ofa Tuungafasi, Angus Ta’avao, Patrick Tuipulotu, Shannon Frizell, TJ Perenara, Sonny Bill Williams, Ben Smith.

2019-10-20 11:19:14
01:34:54nm.
Die wedstryd is verby. Die All Blacks wen met 23-13. 
01:28:52nm.
Daar is so vier minute se speeltyd oor. 
01:28:33nm.
Die Bokke lyk wraggies nou of hulle rondpik. 
01:28:08nm.
Kolbe lyk weer gevaarlik, maar die All Blacks kry besit. 
01:25:35nm.
Herschel Jantjies is op die veld vir Faf de Klerk. 
01:24:23nm.
Beauden Barrett voeg drie punte by en die telling is nou 23-13.
01:23:36nm.
Daar is so agt minute se speeltyd oor. 
01:23:20nm.
Lyk of Pieter-Steph ongemak met sy knie verduur.
01:17:45nm.
Beauden Barrett skuif na losskakel. 
01:17:18nm.
Mo'unga verlaat die veld en word vervang deur Ben Smith wat heelagter gaan speel.
01:16:37nm.
Die bal is oor en die telling is 20-13 in die All Blacks se guns. 
01:15:27nm.
Mo'unga lê aan pale toe. 
01:09:23nm.
Die telling is nou 17-13 in die All Blacks se guns, met so bietjie meer as 20 minute se speeltyd oor.
01:08:35nm.
Pollard slaag met 'n skepdoel. Lekker tye!
01:06:56nm.
Mostert het 'n lynstaanbal op die All Blacks se ingooi gegaps. 
01:02:52nm.
Die Bokke lyk die laaste paar minute gevaarlik. 
12:59:35nm.
Flo is op vir Siya Kolisi.
12:58:01nm.
Die telling is 17-10 in die guns van die All Blacks. 
12:57:10nm.
Die Bokke is terug in die wedstryd. 
12:56:55nm.
Pollard voeg twee punte by met 'n doelskop. 
12:56:34nm.
Pieter-Steph du Toit druk SA se eerste drie. 
12:56:11nm.
Daar druk die Bokke!
12:55:14nm.
Kolbe pluk skitterend 'n bal uit die lug en het so byna gaan druk. 
12:52:41nm.
Die All Blacks melk 'n strafskop by 'n skrum. 
12:45:51nm.
Die spanne is terug op die veld. Nou moet die Bokke uithaal en wys. 
12:39:42nm.
Foto: Getty Images
12:33:56nm.
Maak gou jou glas vol. 
12:33:31nm.
Maar sit net so, ons is nou weer terug. 
12:33:01nm.
Wat sal Rassie se boodskap aan sy spelers wees? 
12:32:39nm.
Dit is rustyd. Hier in die laaste paar minute voor rustyd het die Bokke verwoed aangeval. 
12:28:43nm.
Steeds 17-3 in die All Blacks se guns. 
12:28:24nm.
Die bal trek egter links verby die pale.
12:27:41nm.
Duane Vermeulen oortree by 'n losgemaal en Mo'unga lê aan pale toe. 
12:26:21nm.
Daar is so bietjie minder as vyf minute se speeltyd in die eerste helfte oor.
12:19:24nm.
Die telling is nou 17-3.
12:19:03nm.
Nieu-Seeland vind in die laaste paar minute heelparty gapings in die Bokke se verdediging. 
12:18:30nm.
Die slot Scott Barrett druk. 
12:18:03nm.
Nog 'n drie vir die All Blacks. 
12:16:01nm.
Die telling is nou 10-3 in Nieu-Seeland se guns. 
12:15:40nm.
Mo'unga voeg twee punte by met die doelskop. 
12:15:05nm.
Eina . . .
12:14:55nm.
George Bridge duik oor vir Nieu-Seeland. 
12:13:30nm.
Mo'unga plaas die All Blacks se eerste punte op die telbord.