Vir die TeamTalk-kommentaar oor dié wedstryd, klik op die Kommentaar-hofie hierbo.

Suid-Afrika: Willie le Roux, Cheslin Kolbe, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Duane Vermeulen, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi, Lood de Jager, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, Beast Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, RG Snyman, Franco Mostert, Francois Louw, Herschel Jantjies, Frans Steyn.

Japan: Ryohei Yamanaka, Kotaro Matsushima, Timothy Lafaele, Ryoto Nakamura, Kenki Fukuoka, Yu Tamura, Yutaka Nagare, Kazuki Himeno, Lappies Labuschagné, Michael Leitch (k), James Moore, Luke Thompson, Jiwon Koo, Shota Horie, Keita Inagaki. PLAASVERVANGERS: Atsushi Sakate, Isileli Nakajima, Asaeli Ai Valu, Wimpie van der Walt, Amanaki Mafi, Fumiaki Tanaka, Rikiya Matsuda, Lomano Lemeki.

2019-11-18 03:05:07
02:26:26nm.
Nou ja toe, dankie vir die saamkuier. 
02:22:38nm.
Die Springbokke kom volgende naweek in die halfeind teen Wallis te staan. 
02:18:58nm.
Die Springbokke wen met 26-3. 
02:08:48nm.
Daar is so ses minute speeltyd oor.
02:06:59nm.
Die telling is 26-3.
02:06:48nm.
Pollard kon nie twee punte byvoeg nie. 
02:06:18nm.
Foto: Getty Images
02:05:20nm.
Lekker tye!
02:05:12nm.
Makazole Mapimpi druk sy tweede drie van die dag.
02:04:30nm.
Die Bokke het nou twee lynstaanballe agtermekaar op Japan se ingooi gesteel. 
02:00:48nm.
Die telling is nou 21-3 met so 13 minute se speeltyd oor.
02:00:02nm.
Die Bokke het nou letterlik meters veld met 'n rolmaalbeweging gewen, voordat Faf afgerond het. 
01:59:30nm.
Faf duik oor!
01:58:05nm.
Dit lyk of Kolbe weer las van sy enkel het. 
01:56:44nm.
Die telling is nou 14-3. 
01:56:23nm.
Hierdie keer voeg Pollard wel drie punte by met 'n strafdoel.
01:49:47nm.
Pollard skop mis. Eina.
01:48:57nm.
Die Bokke kry 'n strafskop binne trefafstand van die pale.
01:48:07nm.
Ek dink die damwal gaan binnekort bars. Die telling is steeds 11-3 in die Bokke se guns.
01:40:57nm.
Die Bokke het nou al 'n paar keer omgekeerde besit bewerkstellig. 
01:39:28nm.
Pollard voeg drie punte by met 'n strafdoel. 
01:39:00nm.
Dit lyk of Japan begin swaarleef. 
01:37:18nm.
Willie het nog 'n flater begaan. 
01:33:24nm.
Pollard voeg drie punte by met 'n strafdoel. 
01:29:54nm.
Daar gaan ons!
01:28:12nm.
Die spelers is terug op die veld. 
01:23:07nm.
Dink jy daar is 'n rede om bekommerd te wees?
01:16:35nm.
Dis nie Japan wat so goed is nie, eerder SA wat 'n klomp dom foute maak.
01:16:11nm.
Ek dink steeds die Bokke gaan wen. 
01:15:57nm.
SA het 'n aantal foute in die eerste helfte gemaak. 
01:15:30nm.
Die Bokke was ongelukkig om kort voor rustyd nie te gedruk het nie. 
01:15:07nm.
Die telling is 5-3 in die Bokke se guns. 
01:14:51nm.
Dit is rustyd. 
01:10:17nm.
Willie le Roux slaan 'n bal aan. 
01:09:12nm.
Malcolm Marx is op die veld. 
01:04:51nm.
Die Bokke het nou 'n gulde geleentheid om te gaan druk vermors. 
12:57:44nm.
Die telling is steeds 5-3 in die Bokke se guns met so 11 minute speeltyd in die eerste helfte oor.
12:57:09nm.
Japan lyk gevaarlik. Baie gevaarlik.
12:52:35nm.
Japan is ernstig om te wen. 
12:52:19nm.
Dinge is taai. 
12:46:14nm.
Die telling is 5-3 in die Bokke se guns.
12:45:52nm.
Yu Tamura jaag 'n strafdoel deur die pale. 
12:44:34nm.
Japan melk 'n strafskop by 'n skrum. 
12:42:26nm.
Die Bokke mis 'n hele paar duikslae. 
12:39:33nm.
Die Brave Blossoms het nou amper gedruk.