Die Springbokke speel Dinsdag hul laaste wedstryd in die groepfase van vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan wanneer hy Kanada in Kobe die stryd aansê.

*Vir die TeamTalk-kommentaar oor dié wedstryd, klik op die Kommentaar-hofie hierbo.

Bokke: Damian Willemse, Warrick Gelant, Damian de Allende, Frans Steyn, S’bu Nkosi, Elton Jantjies, Cobus Reinach, Francois Louw, Kwagga Smith, Siya Kolisi, Franco Mostert, RG Snyman, Vincent Koch, Schalk Brits, Thomas du Toit. PLAASVERVANGERS: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Frans Malherbe, Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit, Herschel Jantjies, Handré Pollard, Willie le Roux.

Kanada: Andrew Coe, Jeff Hassler, Conor Trainor, Ciaran Hearn, DTH Van Der Merwe, Peter Nelson, Phil Mack, Tyler Ardron (k), Matt Heaton, Lucas Rumball, Kyle Baillie, Evan Olmstead, Jake IInicki, Andrew Quattrin, Hubert Buydens. PLAASVERVANGERS: Benoit Piffero, Djustice Sears-Duru, Matt Tierney, Josh Larsen, Michael Sheppard, Jamie Mackenzie, Shane O’Leary, Guiseppe du Toit. 

Klik en kyk: Bekendes in rugbykringe sê wie hulle dink die Webb Ellis-trofee omhoog gaan hou in RWC Insights op Showmax.

2020-04-07 16:25:22
02:11:29nm.
Nou ja toe, dankie vir die saamkuier. Ons maak weer so. 
02:08:12nm.
Geluk, Bokke! Foto: Getty Images
02:05:59nm.
Die Bokke het met 66-7 gewen. 
01:57:56nm.
Die telling is nou 66-7 en die Kanadese kan seker verskoon word as hulle wonder wanneer die marteling gaan ophou. 
01:57:06nm.
Elton Jantjies se doelskoppoging is mis.  
01:55:32nm.
Frans Malherbe duik ook nou oor. Dit is sy eerste toetsdrie. 
01:50:54nm.
Die telling is nou 61-7 met so 12 minute se speeltyd oor. 
01:50:08nm.
Elton Jantjies voeg twee punte by.  
01:48:34nm.
Damian Willemse duik oor. Lekker tye!
01:47:35nm.
SA het 'n skrum vyf meter van Kanada se doellyn.
01:40:59nm.
Die telling is nou 54-7. 
01:38:13nm.
Elton Jantjies voeg twee punte by. 
01:37:10nm.
Schalk Brits druk die Bokke se eerste drie van die tweede helfte.
01:34:32nm.
Herschel Jantjies is op vir Reinach. 
01:29:52nm.
Die doelskop is ook oor. SA is voor met 47-7. 
01:29:24nm.
Die flank Matt Heaton se drie word toegeken, ten spyte daarvan dat die skeidsregter gekyk het na moontlike obstruksie. 
01:27:01nm.
Kanada druk! Geluk, maters.
01:26:18nm.
Oukei, omrent al die balbesit. 
01:26:00nm.
Jy gaan dit nou nie glo nie, maar die Kanadese het die laaste paar minute al die balbesit. 
01:20:48nm.
Jantjies gaan afskop.
01:20:04nm.
Die spelers is terug op die veld. Is jy reg?
01:15:49nm.
Cobus Reinach het 'n driekuns aan drieë in die eerste helfte gedruk. Foto: Getty Images
01:08:28nm.
Ek is nou weer terug, staan net so.
01:07:18nm.
Ek sit en wonder wat die Kanadese se afrigter se boodskap nou aan sy spelers gaan wees: "Manne, staan sterk, ons moet hulle keer om 100 op die telbord te kry."
01:06:03nm.
Dit is nou rustyd, die telling is 47-0.
01:05:47nm.
Jantjies voeg twee punte by. 
01:04:11nm.
Frans Steyn onderskep om te druk. 
12:59:56nm.
Laat jou hakke raas, swaer!
12:59:20nm.
Kanada se Josh Larsen kry 'n rooikaart omdat hy sonder sy arms by 'n losskrum ingebons het, en met die nek van 'n Suid-Afrikaner kontak gemaak het. 
12:55:14nm.
Daar was nou amper 'n Van der Merwe-drie. Nee, nie vir die Bokke nie, vir Kanada se DTH.
12:47:32nm.
Jantjies voeg twee punte by. Die telling is 40-0.
12:46:14nm.
Ja-nee, hierdie is 'n drieëfees as daar al ooit een was. 
12:45:46nm.
Gelant druk ook nou. 
12:39:42nm.

Jantjies voeg twee punte by. Die telling is 33-0. 

12:38:53nm.
As jy pas ingeskakel het, die Bokke se besig om amok teen Kanada te maak. 
12:38:21nm.
Reinach duik oor vir sy derde drie. 
12:38:01nm.
Teen hierdie tempo gaan die Bokke 'n 100-tal aanteken. 
12:37:32nm.
Jantjies voeg twee punte by. 
12:35:29nm.
Reinach druk weer!
12:32:37nm.
Die Bokke loop letterlik meters met die Kanadese in die skrums. 
12:28:52nm.
Jantjies voeg twee punte by. Die telling is nou 19-0. 
12:27:51nm.
Hier kom 'n slagting soos wat lanklaas aanskou is. 
12:27:10nm.
Reinach het pas die derde drie gedruk. 
12:25:24nm.
Die telling is 12-0.
12:24:34nm.
Jantjies se doelskoppoging is onsuksesvol.