Vir die TeamTalk-kommentaar oor dié wedstryd, klik op die Kommentaar-hofie hierbo.

Wallis: Liam Williams, George North, Owen Watkin, Hadleigh Parkes, Josh Adams, Dan Biggar, Gareth Davies, Josh Navidi, Justin Tipuric, Aaron Wainwright, Alun Wyn Jones (k), Jake Ball, Tomas Francis, Ken Owens, Wyn Jones. PLAASVERVANGERS: Elliot Dee, Rhys Carre, Dillon Lewis, Aaron Shingler, Ross Moriarty, Tomos Williams, Rhys Patchell, Leigh Halfpenny. 

Frankryk: Maxime Medard, Damian Penaud, Virimi Vakatawa, Gael Fickou, Yoann Huget, Romain Ntamack, Antoine Dupont, Gregory Alldritt, Charles Ollivon, Wenceslas Lauret, Sebastien Vahaamahina, Bernard le Roux, Rabah Slimani, Guilhem Guirado (k), Jefferson Poirot. PLAASVERVANGERS: Camille Chat, Cyril Baille, Emerick Setiano, Paul Gabrillagues, Louis Picamoles, Baptiste Serin, Camille Lopez, Vincent Rattez.

2019-11-22 17:49:52
11:13:53vm.
Moenie te ver gaan nie. Ek is nou-nou terug vir die wedstryd tussen Suid-Afrika en Japan. 
11:12:39vm.
Wallis kom aanstaande naweek in die halfeind teen die wenner van die wedstryd tussen Suid-Afrika en Japan te staan. 
11:10:07vm.
Wallis wen en is deur na die halfeind.
11:09:53vm.
Die eindfluitjie blaas. 
11:03:24vm.
Die telling is 20-19 in die Rooi Drake se guns. 
11:02:23vm.
Die drie staan. 
11:00:32vm.
Die skeidsregter verwys die beslissing. 
11:00:16vm.
Laduma! (As Wallis dit verstaan.)
10:59:59vm.
Wallis druk!
10:58:33vm.
Wallis slaan die bal aan meters van die Hane se doellyn. 
10:53:13vm.
Die tyd loop uit vir die Rooi Drake. 
10:43:06vm.
Kan Wallis wen? Dit lyk nie vir my so nie. 
10:42:50vm.
Daar is so 20 minute speeltyd oor. 
10:35:38vm.
Die telling is 19-13 in die Hane se guns.
10:35:10vm.
Biggar voeg drie punte by met 'n strafdoel. 
10:29:53vm.
Is dit Wallis se kans om te wen? 
10:29:32vm.
Sebastien Vahaamahina kry 'n rooikaart. 
10:23:36vm.
Lopez probeer 'n skepdoel sonder sukses. 
10:19:34vm.
Camille Lopez vervang vir Ntamack. 
10:18:55vm.
Hier gaan ons! Die spanne is terug op die veld. 
10:14:15vm.
Wat sal Gatland se boodskap teen rustyd aan sy spelers gewees het?
10:05:05vm.
Ek is nou-nou weer terug. 
10:04:52vm.
Dit is rustyd. Die telling is 19-10 in die Hane se guns. 
10:00:14vm.
Dit is mis.
09:59:13vm.
Ntamack mik pale toe, nadat Wallis onkant was. 
09:53:37vm.
Die telling is 19-10 in die Hane se guns met so sewe minute se speeltyd in die eerste helfte oor. 
09:52:57vm.
Ntamack voeg twee punte by. 
09:52:18vm.
Dier senter Virimi Vakatawa duik oor. 
09:51:42vm.
Daar druk die Franse weer.
09:49:29vm.
Moriarty kry 'n geelkaart vir 'n ontoelaatbare duikslag. 
09:46:47vm.
Josh Navidi verlaat die veld. Ross Moriarty vervang hom op agtsteman. 
09:38:55vm.
Die telling is nou 12-10 in die Hane se guns. 
09:38:29vm.
Biggar voeg drie punte by met 'n strafdoel. 
09:38:03vm.
Wallis kry 'n strafskop ná 'n hoë duikslag deur 'n Fransman.
09:31:54vm.
Die telling is 12-7 in die Hane se guns. 
09:31:30vm.
Dit is die flank Aaron Wainwright se eerste toetsdrie.
09:31:00vm.
Maar daar druk Wallis nou!
09:30:46vm.
Frankryk se verdediging is ook baie goed.
09:28:33vm.
Die telling is 12-0 in die Hane se guns.
09:27:36vm.
Ntamack voeg twee punte by. 
09:27:15vm.
Die flank Charles Ollivon druk.
09:26:23vm.
Hier druk die Franse weer!
09:25:21vm.
Romain Ntamack kan nie twee punte met 'n doelskop bysit nie. 
09:24:05vm.
Die slot Sebastien Vahaamahina duik oor.