Een van die Springbokke se wenresepte is beslis hoe die spesiale liefdes in hul lewe hulle ondersteun.

Kyk hier na tien pragfoto’s van die Bokke se eggenote en meisies.

Aimee Kitshoff en haar man, Steven. Aimee het grappig voor Saterdag se wedstryd op Instagram geskryf hulle het mekaar die oggend gevra wat elkeen gaan doen. Steven het geantwoord hy gaan middagete eet en dan die Wêreldbeker wen. Aimee se antwoord aan haar man was: Ja, jy gaan, baby. Foto: Instagram
Kuziva Mtawarira, vrou van Tendai (Beast). Hy het by dié foto geskryf dit was ’n heerlike naweek van ontspan, maar daarna is dit weer terug werk toe. Foto: Instagram
Faf de Klerk en sy meisie, Miné van Niekerk. Komaan, Faf, waar is die verloofring? Foto: Instagram
Vincent Koch se vrou, Jandré, is by dié foto op haar verjaardag deur haar Springbok-man gelukgewens met dié woorde: “Lief jou oneindig baie!” Foto: Instagram
Schalk Brits skryf by dié foto op Instagram hy en sy vrou, Colinda, het vroeër vanjaar ’n heerlike dag by die Lanzerac-wynlandgoed geniet. Foto: Instagram
Cheslin Kolbe op sy troudag met sy vrou, Layla. Foto: Instagram
Domenica Vigliotti, Damian de Allende se meisie, het dié foto gedeel van haar besoek aan Japan. Foto: Instagram
Handré Pollard skryf op sy Instagram-rekening hy is getroud met sy beste vriendin, Marise. Hier is hulle saam in Japan. Foto: Instagram
Duane Vermeulen en sy vrou, Ezél, in die gelukkige Groen-en-goud. Foto: Instagram
Bongi Mbonambi se vrou, Anastacia. Foto: Instagram