Beeld word oorval met navrae oor die reeks sketse van die Bokspan wat die laaste weke in die koerant verskyn het.

Ná die Bokke se Wêreldbeker-sukses het dit ikoniese versamelwaarde gekry.

Die volle stel van 34 sketse – dit sluit in Rassie Erasmus, afrigter, en die volle span in – kan vir R250 in PDF-formaat by Tanya Kleynhans bestel word.

E-pos haar by tanya.kleynhans@media24.com.

Daar is ook navrae oor van die Beeld-voorblaaie en kleurplakkaat oor die Wêreldbeker. ’n Uitgesoekte stel van vyf kan ook in PDF-formaat teen R50 by Tanya bestel word.