Michael Cheika, hoofafrigter van die Wallabies, het uit die pos bedank.

Michael Cheika het bedank as hoofafrigter van die Wallabies.Foto: Getty Images

Cheika het Sondag, nadat Engeland sy span die vorige dag in Oita, Japan, met 40-16 in die kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi verslaan het, bevestig dit was sy laaste toets aan die stuur.

Dit kom nadat hy vir ’n geruime tyd onder druk was om afstand te doen van die pos.

Cheika het voorts gesê hy het “geen verhouding” met Rugby Australië (RA) se uitvoerende hoof, Raelene Castle, of die voorsitter, Cameron Clyne, nie.

“Dit is geen geheim nie. Ek het sit nie langs dieselfde vuur as die uitvoerende hoof of die voorsitter nie,” het Cheika gesê. – smh.com.au