Dit was bestendigheid wat Ierland ’n span gemaak het wat vroeër as ’n ware aanspraakmaker in die Wêreldbeker-toernooi beskou is en CJ Stander sê hy en sy spanmaats sal dít moet “herontdek” om hul aanslag in die toernooi weer op koers te kry.

Die Iere is oor die jare daarvoor bekend dat hulle wisselvallig kan wees, maar hul het in 2018 die Sesnasies-reeks gewen, wat ’n Grand Slam ingesluit het.

Hulle het ook in November die All Blacks in Dublin getroef.

Vanjaar het Ierland ’n teleurstellende Sesnasies-veldtog gehad, maar hy het in sy WB-wedstryd oor Skotland gestoomroller.

Japan het goed gespeel, ons onder druk geplaas en het daarop voortgebou.

Toe volg Saterdag se skoknederlaag teen Japan.

Vra jy Stander oor die laagtepunte sover in sy loopbaan van 36 toetse, sê hy die nederlaag van 12-19 in Sjizoeoka kom naby aan die dag wat hy (in 2016) in sy geboorteland van die veld gestuur is teen die Springbokke.

“Ons het goed begin en het vroeg twee keer gedruk. Daar was ’n paar geleenthede in die tweede helfte en minder ná rustyd.

“Hulle het toe die wedstryd eenvoudig buite ons bereik geplaas.

FUKUROI, JAPAN - SEPTEMBER 28: Japan players celeb
Spelers van Japan juig nadat die span Ierland Saterdag in hul Wêreldbeker-groepwedstryd in Foekoeroi geklop het. Foto: Getty Images

“Daar is goed wat ons kan regstel, soos om ons besit beter te behou en meer van ons geleenthede op die aanval te maak.

“Japan het goed gespeel, ons onder druk geplaas en het daarop voortgebou.”

Ierland speel Woensdag in Kobe teen Rusland en dit bied Stander-hulle ’n goeie geleentheid om weer momentum te kry.

“Daar is ongelukkig wedstryde wat ons nie bestendig genoeg is nie. Ons stel hoë standaarde aan onsself en groter bestendigheid is wat ons nou nastreef.

Dit is klein goedjies en iets wat ons kan verstel.

“As ons op die belangrike oomblikke kan bou en ons geleenthede gebruik, sal ons punte op die telbord kry.

“Gebruik jy nie daardie oomblikke teen ’n span soos Japan nie, gaan jy jouself in die steek laat,” sê Stander.

Ierland sal veral beter dissipline aan die dag wil lê nadat hy Saterdag nege keer gestraf is.

“Daar was ’n paar strafskoppe wat in ons beheer was. Ek is een keer gestraf toe ek onkant betrap is.

“Dit is klein goedjies en iets wat ons kan verstel. Die ander (strafskoppe) het ons na gekyk, maar daar is niks wat ons nou daaraan kan doen nie.” – Reuters