Bok-ondersteuners wat die Springbok-rugbyspan in lewende lywe te sien kry tydens hul landwye parade kan hul groot oomblik met Netwerk24 deel.

Gaan jy verlof insit of jou kinders uit die skool hou om die Wêreldkampioene te sien? Hoe ver sal jy moet ry om hulle te sien?

Deel jou storie, foto’s en video’s met die Springbokke in die agtergrond terwyl hulle op hul parade is met Netwerk24.

Dit kan per e-pos aan nuus@netwerk24.com of op WhatsApp na 073 510 9294 gestuur word.

Die span was Donderdag in Pretoria, Johannesburg en in Soweto, hulle is Vrydag in Durban, Saterdag in Oos-Londen en Sondag in Port Elizabeth. Die toer sluit volgende Maandag in Kaapstad af.

Die Springbokke is Donderdag deur groot skares in Pretoria begroet. Foto: Deaan Vivier