Terwyl die vreugdevure hoog brand in Suid-Afrika is Engelse rugby-ondersteuners verslae ná die Springbokke se oorwinning in die eindstryd om die Wêreldbeker. Tog het prins Harry, die hertog van Sussex, die Bokke in hul kleedkamer gaan gelukwens met die uitslag.
Tendai (Beast) Mtawarira glimlag behoorlik van oor tot oor langs prins Harry (middel) en kaptein Siya Kolisi. Foto: Wêreld Rugby via Getty Images
Nog is dit het einde niet van Beast se glimlag nie. Sou hy dalk lag vir iets wat Faf de Klerk vir prins Harry gesê het? Foto: Wêreld Rugby via Getty Images
En daar bars Beast sommer uit van die lag met prins Harry wat in sy rigting kyk. Foto: Wêreld Rugby via Getty Images
Vir Eddie Jones, hoofafrigter van die Engelse span, is daar geen rede om te glimlag ná die eindstryd in Japan nie. Foto: Getty Images
In Londen kon selfs nie die bier die afgryse keer toe dit duidelik word dat die Engelse span aan die verloorkant is nie. Foto: Getty Images
Die gesigsuitdrukkings van ondersteuners van die Rose spreek boekdele. Die foto is by Flat Iron-plein in Londen geneem. Foto: Getty Images
Ook in Londen gaan dié Springbok-ondersteuners die Britse winter met vuurwarm harte tegemoet. Foto: Getty Images
’n Groot bier vir ’n reus van ’n man. RG Snyman vier saam met sy spanmaats hul oorwinning in Japan. Foto: Getty Images
Damian de Allende deel ’n soentjie met sy meisie, Domenica Vigliotti, nadat die eindfluitjie in Jokahama geblaas het. Foto: Getty Images
Cheslin Kolbe en sy vrou, Layla, poseer saam met hulle kleine Kylah en die skitterblink Webb Ellis-trofee vir die media. Foto: Getty Images
Tendai Mtawarira omhels sy kleinspan, Talumba en Wangu, ná die grootste wedstryd van sy lewe. Foto: Getty Images