Die Franse skeidsregter Jérôme Garcès ontvang hope kritiek vir sy vertoning in Saterdag se Wêreldbekerwedstryd tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika.

Die All Blacks het die Bokke met 23-13 geklop.

Die rugbyskouspel in Japan is Garcès (45) se derde Wêreldbekertoernooi en hy word veral vir sy beslissings by die afbreekpunte gekritiseer.

Garcès het 13 strafskoppe in 80 minute in Jokohama toegeken, met sowat 75% daarvan teen die Bokke.

Daar word ook sedert die toets verskeie foto’s en video’s op sosiale media versprei waar albei die stutte van die All Blacks, Nepu Laulala en Joe Moody, se elmboë teen die gras druk, maar hulle nie daarvoor gestraf word nie. Terwyl verskeie van die All Blacks se foute ongestraf gebly het, het Garcès die Suid-Afrikaanse skrum – wat grootliks oorheersend was – twee keer gelooi.

Nog ’n video wat op sosiale media ’n warm besprekingspunt afgee, is een waar die All Black-kaptein Kieran Read vir Pieter-Steph du Toit ná ’n lynstaan doelbewus om die nek gryp om te verhinder dat die Bok-flank Aaron Smith in besit betrap.

Hier is sommige van die kommentare oor Garcès se vertoning:

– Sportredaksie