Moenie jou Springboktrui te diep wegbêre nie, want die spelers wat die wêreld die afgelope naweek so trots gemaak het, is Dinsdag terug in Suid-Afrika. Hulle is egter nie almal op dieselfde vlug nie en van die spelers land eers Woensdag in Suid-Afrika.

Johannesburgers kry die eerste kykie van Rassie Erasmus, afrigter, en Siya Kolisi, kaptein, Handré Pollard, onderkaptein, wanneer hulle Dinsdag na verwagting om 16:30 by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park land. Hulle sal kort daarna die publiek en die media toespreek.

Die Gautrein het gratis ritte belowe vir ondersteuners wat lughawe toe wil gaan om die span te verwelkom.

Van Donderdag af doen hulle die rondte van Vader Cloete deur die land, sodat almal wie se stemme hees geskree is, saam kan partytjie hou.

Die kampioene se toer begin Donderdag amptelik in Gauteng waar hulle in Pretoria, Johannesburg en Soweto ’n draai sal maak.

Vrydag gaan hulle na Durban en Saterdag moet ondersteuners van Oos-Londen gereed gestaan.

Sondag kuier hulle in Port Elizabeth en dan sluit hulle die toer volgende Maandag af in Kaapstad.

Ons is seker hulle sal plek-plek tyd maak om met die Webb Ellis-beker te loop en spog.