Vir 80 minute het Suid-Afrika en Nieu-Seeland mekaar Saterdag in Jokohama by die Wêreldbeker-rugbytoernooi karnuffel, maar toe die eindfluitjie blaas, het twee spelers die wêreld herinner dat dit oor meer as rugby gaan.

Die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe en die All Black-flank Ardie Savea het saam op hul knieë sak, straks besig om te bid. Toe hulle opstaan, het hulle mekaar omhels en gewys dat rugby oor meer gaan as daardie ongenaakbare tyd wat die spanne mekaar tussen die vier wit lyne probeer uitoorlê.