Siya Kolisi, kaptein, het eers gedink dis sy kamermaat, Cheslin Kolbe, wat hard snork, voordat hy besef het dis ’n aardbewing met ’n sterkte van 4.1 wat die Hamaoka Hotel tref, waar die Springbokke in Sjizoeoka tuisgaan.
“Dis iets verskriklik, ek het nog nooit so iets ervaar nie,” het Kolisi oor Dinsdagaand se aardbewing gesê.
“Ek was opgewonde om dit te beleef, maar terselfdertyd baie bang.”
Geen skade is deur die aardbewing aan die Bokke se luukse hotel op die gholfbaan waar hulle tuisgaan aangerig nie.
So it turns out that I slept through a 4.0 earthquake last night. @ashfakmohamed and @LiamDelCarme1 woke up during the event and apparently everything was shaking. Unsurprisingly, @Adnaan1111 didn't even notice. Glad I didn't wake up, would have panicked so hard! #RWC2019 #Japan
— Gareth Jenkinson (@gazza_jenks) October 2, 2019
Gareth Jenkinson van East Coast Radio, een van die Suid-Afrikaanse joernaliste wat die Bokke in Japan volg, het oor die aardbewing getwiet.
“Soos dit uitgedraai het, het ek gisteraand deur ’n aardbewing van 4.0 geslaap,” het Jenkinson onder @gazza_jenks getwiet.
Twee ander Suid-Afrikaanse rugbyskrywers wat in dieselfde hotel as hy in Omaezaki naby aan Sjizoeoka tuisgaan, Liam del Carme van Sunday Times en Ashfak Mohamed van IOL, het wakker geword toe alles in hul kamers geskud het.
“Ek is bly ek het nie wakker geword nie, anders sou ek paniekerig geraak het,” het Jenkinson getwiet.
Van die ander rugbyskrywers op toer soos SuperSport se Gavin Rich is nie deur die aardbewing geraak nie. Hy gaan saam met die oud-Bokke Hanyani Shimange en Jean de Villiers in ’n ander hotel tuis.
* Die veelsydige agterspeler Damian Willemse het hom intussen by die Bokke as plaasvervanger vir die beseerde Jesse Kriel aangesluit.
Willemse het die afgelope tyd op ’n korttermynkontrak vir die Engelse klubspan Saracens gespeel.
Hy het Donderdag in die Sjizoeoka-stadion waar Vrydag se Wêreldbeker-groepwedstryd teen Italië plaasvind aan die Bokke se kapteinsoefening deelgeneem.
Damian Willemse het vanoggend aan die Bokke se kapteinsoefening deelgeneem. Hy het hom van die Engelse klubspan Saracens by sy spanmaats aangesluit. pic.twitter.com/sNUS3PpQEz
— Netwerk24 Sport (@Netwerk24Sport) October 3, 2019
Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, was nog ’n bekende gesig by die kapteinsoefening.
* Kwagga Smith het as ’n voorsorgmaatreël nie Donderdag saamgeoefen nie, nadat hy ’n besering teen Namibië in Toyota opgedoen het.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.