Kyk na hierdie reeks onderduimse voorvalle deur Nieu-Seeland in die All Blacks se laaste vier toetse – ’n herinnering aan die span se breier, Steve Hansen, dat sy spelers beslis nie engeltjies is nie.

Hansen is in die aanloop tot Saterdag se langverwagte Wêreldbeker-groepwedstryd in Jokohama in ’n woordestryd met sy Suid-Afrikaanse eweknie, Rassie Erasmus, betrokke.

Hy het Donderdag op ’n nuuskonferensie keel skoon gemaak teen die Bok-kamp se pleidooi aan die Franse blaser Jérôme Garcès om albei spanne gelyke behandeling in die Groep B-kragmeting te gee.

Hansen het Erasmus daarvan beskuldig dat hy “eksterne druk” op die skeidsregter plaas, maar sê dit sal nie werk nie want blasers “is nie dom nie”.

Sommige van die voorvalle is op die grenslyn, maar miskien dien hierdie beeldmateriaal as ’n herinnering aan Hansen van sy eie span se onderduimse taktiek.

Rugby365